China se rookskerm vir ietermagogs
Hoewel die gebruik van ietermagôskubbe in tradisionele medisyne in China verbied word, gebeur dit steeds.
Francoise Steynberg
Vier maande gelede het Chinese staatsmedia aangekondig ietermagôskubbe is van tradisionele medisynelyste verwyder, maar navorsing weerspreek dat dié benadering in werklikheid toegepas word.
Volgens ’n verslag getiteld “Smoke and Mirrors” van die Omgewingsondersoekagentskap (EIA) wat vandeesmaand gepubliseer is, word ietermagôprodukte steeds in tradisionele medisyne gebruik.
Die EIA-verslag het onder meer bevind:
• 221 maatskappye het lisensies om ietermagôskubbe-produkte te verkoop;
• 56 van hierdie maatskappye adverteer aktief aanlyn medisinale produkte wat glo ietermagôprodukte bevat;
• ’n Totaal van 64 produkte lys ietermagô as ’n bestanddeel wat op vervaardigers se webtuistes geadverteer word;
• Ses van hierdie produkte is op e-handelswebwerwe soos eBay en Taobao (besit deur Alibaba) beskikbaar.
Volgens EIA is een van die maatskappye geïdentifiseer as China se grootste tradisionele Chinese medisyne (TCM) farmaseutiese maatskappy, China Beijing Tong Ren Tang Group Co Ltd. Dié maatskappy het filiale wêreldwyd en sy aandeelhouers sluit groot Europese en Amerikaanse beleggingsfondse in.
Die ander Chinese maatskappye volgens die EIA is Tianjin Zhongxin Pharmaceuticals Group Co Ltd, Hangzhou Zhuyangxin Pharmaceutical Co Ltd en Shenyang Dongling Pharmaceutical Co. Ltd.
Die EIA meen nou is die tyd vir China om sy wettige ietermagôskubbe-markte te sluit.
“Nou is die tyd vir ware leierskap van die Chinese regering om verbruikersaanvraag vir tradisionele Chinese medisyne uit te wis wat produkte van beskermde spesies bevat,” lui die verslag.
“Die bevindinge in die verslag dui aan dat Chinese se wettige handel in ietermagôskubbe in medisyne ’n hoë potensiaal het om die krisis van wêreldwye ietermagôsmokkelary aan te vuur.”
Volgens die EIA-verslag hou die handel in ietermagogs ’n gesondheidsrisiko vir mense in, veral ná die uitbreking van die Covid-19-virus.
In Februarie 2020 het China regulasies wat die eet van wilde diere verbied as ’n gesondheidsmaatreël aangekondig om mense se gesondheid te beskerm.
Rolspelers in China doen ’n beroep op die verlenging van die verbod op die eet van wild, asook die medisinale gebruik van wild om toekomstige pandemies te verhoed en biodiversiteit te beskerm.
VOORSTELLE
Voorstelle in die verslag is dat die Chinese regering die verkrying, verkoop of besit van alle dele en produkte van ietermagogs en ander bedreigde spesies moet verbied – insluitend vir medisinale doeleindes.
“Die Chinese regering moet ook alle opgepotte voorraad van ietermagôskubbe vernietig,” sê die EIA.
“Strawwe vir farmaseutiese maatskappye en hospitale wat ietermagôskubbe onwettig bekom of verkoop, moet duideliker wees.”
Die EIA meen ook China moet transnasionale kriminele sindikate beter ondersoek en vervolg en nouer saamwerk met lande van waar en waardeur ietermagôskubbe gesmokkel word.
In Namibië word volgens die weeklikse wildmisdaadverslag van die Namibiese polisie en die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme byna weekliks verdagtes in verband met ietermagôsmokkelary in hegtenis geneem.
Verlede Dinsdag is mnre. Uaninazo Muheke en Mavetumbuavi Mutambo op Opuwo glo met ’n ietermagôvel in hul besit in hegtenis geneem.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie