China se weerwraak knou rand, markte
China se weerwraak knou rand, markte

China se weerwraak knou rand, markte

Dié land het Maandag aangekondig hy gaan bykomende invoertariewe op ’n hersiene lys van $60 miljard se produkte van die VSA hef.
Amerikaanse aandele het gedaal nadat China Maandag uit weerwraak hoër invoertariewe op $60 miljard se Amerikaanse goedere geplaas het.

Die S&P500 was teen 16:00 Suid-Afrikaanse tyd op pad na sy grootste daling sedert 3 Januarie, en die Dow Jones-nywerheidsindeks het met 500 punte gedaal, berig Bloomberg.

China het Maandag aangekondig hy gaan addisionele invoertariewe op ’n hersiene lys van $60 miljard se Amerikaanse produkte hef, berig Reuters.

Dit is in weerwraak op die tariefverhogings wat Amerika op $200 miljard se Chinese goedere aangekondig het.

China se minister van finansies het gesê 5 140 Amerikaanse produksoorte gaan van begin Junie af onderhewig

Rand verswak weer

Die rand het weer verswak nadat die geldeenheid aanvanklik Maandag tot R14,16 teenoor die dollar versterk het nadat die verkiesingsuitslag die naweek bekend gemaak is.

Die versterking was teenoor die R14,57 in ’n stadium verlede week.

Die rand het versterk omdat die markte ten gunste is van die duidelike meerderheid wat die ANC gekry het, met die DA in ’n betreklik wesenlike tweede plek, het Annabel Bishop, ekonoom van Investec, gesê.

Teen Maandag laatmiddag was die rand byna 1% of 13c swakker op R14,29 teenoor die dollar.

Ook die indeks van alle aandele van die JSE het 0,7% laer gesluit op sy laagste vlak sedert einde Maart.

wees aan die hoër invoertariewe.

China het in September sy invoertariewe van 5% tot 10% op 5 207 Amerikaanse produksoorte ter waarde van $60 miljard verhoog. Nou word daar ’n addisionele 25% op 2 493 produkte, insluitende aardgas, geplaas en ’n addisionele 20% op nóg 1 078 produkte.

China het in sy aankondiging hieroor die hoop uitgespreek dat dit Amerika weer op koers sal kry met die bilaterale samesprekings oor handel.

Amerika het Vrydag ’n nuwe tarief van 25% op meer as 5 700 kategorieë van produkte van China ingestel.

Dit was te midde van hoëvlak-samesprekings tussen Chinese en Amerikaanse onderhandelaars in Washington.– Bygewerk deur Nellie Brand-Jonker/Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!