China verbreek stilte oor 'militu00eare teenwoordigheid'
China verbreek stilte oor 'militu00eare teenwoordigheid'

China verbreek stilte oor 'militêre teenwoordigheid'

Terwyl die Chinese ambassade enige planne ontken om 'n militêre basis in Namibië op te rig en duisende Chinese troepe tans in die land is, ontketen die verdedingsminister se parlementêre stilswye toenemend 'n storm.
Ogone Tlhage
Ogone Tlhage



Die Chinese ambassade in Namibië het sy stilswye verbreek oor die hardnekkige gerugte wat in die parlement en elders geopper is oor 'n massiewe Chinese militêre teenwoordigheid in die land.

Volgens dié ambassade is die gerugte onwaar.

Die woordvoerder van die ambassade, me. Helen Lu Hairong, sê daar is geen gesprekke tussen die twee regerings oor die oprig van 'n militêre basis in Namibië nie.

Dit kom ná 'n vuurwarm debat in die Nasionale Vergadering (NV) verlede week waartydens die Landless People's Movement (LPM) en die Popular Democratic Movement (PDM) vrae oor die kwessie gevra het.

Die LPM het aangevoer 3 500 Chinese troepe is tans in die land.

Die minister van verdediging en veteranesake, skout-admiraal Peter Vilho, het in antwoord op mnr. Henny Seibeb van die LPM min gedoen om die vure te blus.

“Indien daar enigiets is in verband met verdediging wat na die parlement toe gebring moes word, sou dit reeds hierheen gebring gewees het. Indien die kwessies waarna jy verwys, nie na die parlement toe gebring is nie, beteken dit hulle is nie werd om parlement toe te bring nie. Die res van die inligting wat jy vra, is vertroulik,” het Vilho gesê.



Basis as teenvoeter

Seibeb het Sondag opnuut aangevoer die Chinese weermag is besig om 'n basis in Namibië te bou as 'n teenvoeter vir die Amerikaanse oorheersing in naburige Botswana.

Volgens hom is die troepe by Walvisbaai, Swakopmund en Hentiesbaai gestasioneer.

Hairong het ook dié beweringe ontken.

Die politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah het Sondag gesê daar word van Vilho verwag om vrae van LP's te beantwoord.

“Om te weier om op 'n kwessie van nasionale belang te antwoord, is nie net arrogansie nie, maar toon ook die minister het 'n gebrek aan bewustheid oor sy pligte as minister in die parlement.”

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!