China verwyder ietermagô van tradisionele medisynelys
Die mees gesmokkelde soogdier ter wêreld het nou beter beskerming in dié land.
Francoise Steynberg - China het die ietermagô van sy tradisionele lys van medisyne (Chinese Pharmacopoeia) verwyder en ook die wetlike beskerming van dié mees gesmokkelde soogdier ter wêreld verhoog.
Prof. Morgan Hauptfleisch, hoof van die Biodiversiteit-navorsingsentrum van die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust), sê dit is verblydende nuus.
“Ons het juis verlede maand ’n nasionale ietermagô-werkgroep gestig om samewerking tussen wetenskaplikes en teenstropingseenhede te bevorder,” het Hauptfleisch gister aan Republikein gesê.
Die Namibiese Kamer van die Omgewing (NCE) het bevestig die verwydering van ietermagô-produkte van die Chinese tradisionele medisynelys is ’n stap in die regte rigting.
Ietermagôs se liggaamsdele soos die vel en skubbe behaal hoë pryse op die swartmark. Dit word algemeen in Chinese tradisionele medisyne gebruik, alhoewel wetenskaplikes sê dit het soos renosterhoring geen terapeutiese waarde nie.
Ietermagô-dele word egter vanjaar uit dié amptelike medisynelys verwyder, asook stowwe van vlermuismis wat in ’n pilvorm saamgestel is, het die Health Times in staatsbesit berig.
Die ietermagô is volgens sommige wetenskaplikes die moontlike gasheer van die coronavirus (Covid-19) wat verlede jaar in ’n tradisionele mark in Wuhan in China aan mense oorgedra is.
"Uitgeputte wildbronne" word uit die medisynelys onttrek, het Health Times Dinsdag berig, alhoewel die werklike rede vir die verwydering van die ietermagô onduidelik is.
SPESIALE BESKERMING
China se bosbou-owerheid het boonop Vrydag vir ietermagôs die hoogste vlak van beskerming in die land weens sy bedreigde status gegee.
Volgens China se wildbeskermingswette het die land twee vlakke vir die beskerming van wildlewe onder spesiale staatsbeskerming. Voor die opgradering was ietermagôs onder klas 2-staatsbeskerming.
China het die afgelope maande die verkoop van wilde diere as voedsel verbied weens die risiko van die verspreiding van siektes na mense, maar die handel in wildprodukte bly wettig vir navorsing en tradisionele medisyne.
“Die opgradering van die beskermingsvlak van ietermagôs is ’n ernstige situasie,” het dr. Sun Quanhui, senior wetenskaplike adviseur van die Wêreld-dierebeskermingsvereniging in China gesê.
“Dit beteken alle internasionale handel in ietermagôs – lewend of dood en hul produkte – word verbied. Terselfdertyd sal China se strawwe strenger vir wildmisdaad wees,” het Sun gesê.
China het in 2007 ’n verbod op die jag van ietermagôs uitgereik en alle kommersiële invoere van ietermagôs en hul produkte sedert 2018 opgeskort.
In Namibië is ietermagôstropery en –smokkelary steeds ’n groot uitdaging wat weekliks in die polisie se wildmisdaadverslag voorkom.
“Ietermagôs in Namibië word teen ’n skrikwekkende tempo gestroop en gesmokkel,” sê ietermagô-navorser en meestersgraadstudent aan Nust, Kelsey Prediger.
Die besit en smokkelary van en handel in ietermagôs is ’n misdaad in Namibië.
Mnr. Obert Sipilisa Sakutuka is Sondag op Katima Mulilo glo met 'n ietermagôvel in sy besit in hegtenis geneem.
In Mei is ’n man in Windhoek met ’n beseerde ietermagô in sy besit gevind.
In Maart is mnr. Hega Nekare op Rundu glo met 611 ietermagôskubbe, een ietermagôvel en vyf stukke vel vasgetrek.
’n Beloning word uitgereik aan mense wat inligting verskaf wat tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding van verdagtes lei wat ietermagôs vang, doodmaak of smokkel. ’n Beloning word ook gegee aan mense wat inligting verskaf wat lei tot die beslaglegging op ietermagôs, hul liggaamsdele en produkte. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie