China waarsku Botswana oor Dalai Lama
Die Dalai Lama se beplande besoek aan Botswana krap Beijing om.
China het gister waarskuwings aan Botswana verskerp oor die beplande besoek volgende maand van die uitgeweke Tibettaanse geestelike leier, die Dalai Lama.
China eis dat Botswana China se kernbelange respekteer.
Die Dalai Lama, wat deur Beijing as 'n gevaarlike separatis beskou word, sal na verwagting vanaf 17 tot 19 Augustus 'n menseregtekonferensie in Gaborone toespreek en ook pres. Ian Khama ontmoet. China is 'n groot belegger in Botswana se ekonomie.
China het reeds sy standpunt oor die Dalai Lama se besoek “duidelik” gestel, het 'n woordvoerder van die Chinese ministerie van buitelandse sake, Lu Kang, tydens die daaglikse nuuskonferensie gesê.
“Kwessies rakende Tibet raak China se soewereiniteit en territoriale integriteit. Ons eis dat die betrokke land die korrekte politieke besluit oor die aangeleentheid neem,” het Lu gesê.
“China sal nie in ander lande se interne sake inmeng nie, maar sal dit ook nie duld dat 'n ander land enigiets doen wat China se kernbelange in die gedrang bring nie.”
Die Dalai Lama het in 1959 uit Tibet gevlug ná 'n opstand teen die Chinese bewind. China het in 1950 troepe na Tibet gestuur. Die Dalai Lama woon in ballingskap in Indië.
Hy het in 1989 die Nobelprys vir vrede gewen en ontken dat hy na onafhanklikheid vir sy Himalaja-tuisland strewe. Hy sê al wat hy vra is meer menseregte, wat godsdienstige vryheid en ware outonomie insluit.– Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie