Chinees daag weer nie by hof op
Chinees daag weer nie by hof op

Chinees daag weer nie by hof op

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - 'n Chinese man wat in ­Januarie in Windhoek met twee ­renosterhorings in sy besit in hegtenis geneem is, het gister vir die tweede keer nie by die ­Windhoekse landdroshof ­opgedaag nie.

Mnr. Chen Nan (29), wat op borgtog van N$300 000 ­vrygelaat is, moes gister saam met sy ­medebeskuldigde en ­landgenoot, mnr. Lu Yongui (41), in die ­Windhoekse landdroshof verskyn het, maar dit word vermoed dat Chen op die vlug geslaan het.

Lu het op hul vorige hof­datum, op 22 Junie, ook alleen opgedaag. Toe het Chen se ­regsverteenwoordiger, mnr. Kadhila Amoomo, ook nie geweet waar sy kliënt homself bevind nie.

Weens Chen se afwesigheid is 'n ­lasbrief toe vir sy onmiddellike ­inhegtenisneming uitgereik.

Sy borgtoggeld is ook voorlopig aan die staat verbeurd verklaar.

Die saak is tot 30 Augustus vir verdere ondesoek uitgestel.

Die twee Chinese is op 19 Januarie tydens 'n polisieklopjag by Berghof Court in die Eros-­woonbuurt in die hoofstad met twee renosterhorings van 5,05 kg ter waarde van sowat N$404 000 en 'n haelgeweer in hul besit in hegtenis geneem.

Hulle staan tereg op klagte dat hulle artikel 4(1) van die Wet op ­Beheerde Wildprodukte en Handel van 2008 oortree het.

Hoewel die staat borgtog tydens die borgtogaansoek teengestaan het weens die erns van die klagte teen die beskuldigdes en die groot moontlikheid dat hulle op die vlug mag slaan, het landddros Vanessa Stanley op 4 April borgtog van N$300 000 aan elk toegestaan.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!