Chinees uit op borgtog van N$1 miljoen
Jacqueline Louw - Die Chinese miljoenêr, mnr. Huang Jack, is vanoggend op borgtog van N$1 miljoen vrygelaat ná hy gister in hegtenis geneem is in verband met ’n saak van belastingontduiking, bedrog en geldwassery waarby N$3,5 miljard na bewering betrokke is en wat tans deur die staat ondersoek word.
Vier ander beskuldigdes in die saak - mnre. Laurensius Julius, Tao Huizhong, Huang Jinrong en Zhu Honggang - is in Desember verlede jaar in hegtenis geneem. Zhu is op 22 Desember op borgtog van N$500 000 vrygelaat en Julius, Tao en Huang Jinrong is op 23 Januarie op borgtog van N$1,5 miljoen elk vrygelaat.
Dié vier, asook Huang, verskyn weer op 16 Februarie in die landdroshof.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie