Chinees vanaf SA met renosterhoring betrap
Chinees vanaf SA met renosterhoring betrap

Chinees vanaf SA met renosterhoring betrap

’n Chinese man (30) is Dinsdag op die Schiphol-lughawe in Amsterdam met renosterhoring in sy besit in hegtenis geneem.

Volgens DeutchNews.nl was die man vanaf Suid-Afrika via Schiphol op pad na Shanghai. Luidens die aanlynkoerant het amptenare “’n verdagte” tas by die man opgemerk.

Toe hulle die tas oopmaak, was daar vyf renosterhorings en vier artikels (soos juweliersware en ornamente) wat vermoedelik uit renosterhoring vervaardig is, daarin.

Die man is onmiddellik in hegtenis geneem en sal eers oor twee weke moontlik in die hof verskyn. Doeanepersoneel het die straatwaarde op meer as R7,2 miljoen (€500 000) geskat.

Meer as 7 500 renosters is sedert 2008 in Suid-Afrika vir hul horings gestroop. Net verlede jaar is meer as 1 000 renosters oor Suid-Afrika heen vir hul horings gestroop. Luidens die jongste statistieke wat Edna Molewa, Suid-Afrikaanse minister van omgewingsake, in Julie bekend gemaak het, is 529 renosters in die eerste ses maande van die jaar gestroop. Hiervan is 243 in die Krugerwildtuin gestroop.

Waarnemers meen die getal renosters wat vanjaar gestroop is, het reeds die 1 000-kerf oorskry. Van Januarie tot Julie is 359 mense landwyd vir stropery of die sluikhandel in renosterhoring in hegtenis geneem. In die Krugerwildtuin is 90 vermeende stropers in hegtenis geneem en 112 mense is buite die grens van die wildtuin vasgetrek.

Die jongste statistieke oor inhegtenisnemings is nie beskikbaar nie. Molewa dring daarop aan om alle statistieke oor stropery en inhegtenisnemings self beskikbaar te stel. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!