Chinese beskuldigde in miljarde se bedrogsaak verbeur borggeld
Chinese beskuldigde in miljarde se bedrogsaak verbeur borggeld

Chinese beskuldigde in miljarde se bedrogsaak verbeur borggeld

Die hof is nie van mnr. Huang Jinrong se afwesigheid in kennis gestel nie.
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw – Een van die sewe Chinese burgers wat saam met ’n Walvisbaaise sakeman tereg staan op klagte wat verband hou met ’n N$3,5 miljard-bedrogspul in doeaneheffing en buitelandse valuta, het hierdie week sy borggeld verbeur.

Landdros Vanessa Stanley het op 27 Junie beveel dat ’n lasbrief vir mnr. Huang Jinrong (31) se inhegtenisname uitgereik word toe hy sonder verskoning afwesig was van die laaste hofverskyning van die agt beskuldigdes in die landdroshof in Windhoek.

Die keerdatum vir die verbeurdverklaring van Huang se borggeld aan die staat was 15 Augustus.

Staatsaanklaer Rowan van Wyk het Woensdag bevestig geen kennisgewing is van Huang oor sy afwesigheid ontvang nie en sy borggeld van N$1,5 miljoen sal outomaties deur die hof se rekenaarsisteem aan die staatstesourie oorgedra word.

Huang se borggeld is op 16 Februarie in kontant deur mnr. Wei Cao betaal.

Volgens Van Wyk was dit “’n kruiwavrag” geld.

Nóg ’n beskuldigde, mnr. Zhu Honggang (48), is volgens sy regsverteenwoordiger, mnr. Nambili Mhata, intussen in China oorlede.

Van Wyk het Republikein ingelig die hof het Zhu se doodsertifikaat ontvang en dit moet nog geverifieer word omdat die dokument in Chinees is.

Die agt beskuldigdes staan tereg op klagte van bedrog en geldwassery met die staat wat in hierdie stadium beweer hulle het die ministerie van finansies tussen die begin van 2010 en 19 Desember verlede jaar bedrieg met die berekening en betaling van doeaneheffings.

Die klagte beloop na bewering ’n bedrag van N$3,5 miljard in werklike of potensiële verliese wat die ministerie gely het as gevolg van die onderverklaring van die waarde van goedere wat in Namibië ingevoer is en waarop doeaneregte betaal moes word.

Die verhoor is tot 22 Junie 2018 uitgestel vir die voltooiing van die polisieondersoek. Die oorblywende ses beskuldigdes, mnr. Laurensius Julius, die prominente Namibiese sakeman Jack Huang, mnre. Tao Huizhong en Zhihua Gua en mee. Jia Hongying en Shuhua Cao se borgtog is tot hierdie datum verleng.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!