Chinese beskuldigde op die vlug
Chinese beskuldigde op die vlug

Chinese beskuldigde op die vlug

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - 'n Chinese man, wat in Januarie met twee renosterhorings in sy besit in Windhoek hegtenis geneem is, het op die vlug geslaan.
Mnr. Chen Nan (29) wat op borgtog van N$300 000 vrygelaat is, moes gister weer in die landdroshof in Windhoek saam met sy medebeskuldigde en landgenoot, mnr. Lu Yongui (41), verskyn.
Chen het nie opgedaag nie.
Sy regsverteenwoordiger, mnr. Kadhila Amoomo, het ook nie geweet waar sy kliënt homself bevind nie.
Weens Chen se afwesigheid in die hof is 'n lasbrief vir sy onmiddellike inhegtenisneming uitgereik.
Sy borgtoggeld is voorlopig aan die staat verbeurd verklaar, tensy hy vir die volgende hofverskyning op 5 Julie opdaag.
Lu was gister by die hof saam met sy regsverteenwoordiger, mnr. Mbushandje Ntinda.
Die twee Chinese is op 19 Januarie tydens 'n polisieklopjag met twee renosterhorings en 'n haelgeweer in hul besit by Berghof Court in die Eros-woonbuurt in die hoofstad in hegtenis geneem.
Hulle staan tereg op klagte dat hulle artikel 4(1) van die Wet op Beheerde Wildprodukte en Handel van 2008 oortree het.
Hoewel die staat borgtog tydens die borgtogaansoek teengestaan het weens die erns van die klagte teen die beskuldigdes en die groot moontlikheid dat hulle op die vlug mag slaan, het landddros Vanessa Stanley op 4 April borgtog van N$300 000 aan elk toegestaan.
Die landdros het gesê Lu woon reeds ’n geruime tyd in Namibië en hy het bates en ’n besigheid in die land.
Hy het dus geen rede om op die vlug te slaan nie.
Sy het wel toegegee dat Chen nie sterk bande met Namibië het nie, wat van hom ’n groter vlugrisiko maak.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!