Chinese beskuldigde voorlopig 'n vry man
Die klagte teen ‘n Chinese man wat in Januarie verlede jaar vir die onwettige besit van twee renosterhorings in in Windhoek hegtenis geneem is, is Woensdag in die Windhoekse landdroshof voorlopig teruggetrek.
Die beskuldigde, mnr. Lu Yonghui (41) is voorlopig ‘n vry man nadat senior staatsaanklaer Rowan van Wyk die hof ingelig het dat die ondersoek in die saak onvolledig is.
Volgens die staatsaanklaer is die ondersoekbeampte van die saak deel van die groep van die Namibiese polisie (Nampol) wat vir die Verenigde Nasies se vredesmag sedert verlede jaar in Darfoer in Suid-Soedan ontplooi is. Dus kon die ondersoek nie voltooi word nie.
Nóg ‘n rede waarom die klagte voorlopige teruggetrek is, is omdat Lu se medepligtige, mnr. Chen Nan (29), sedert 21 Junie 2017 voortvlugtend is.
'n Lasbrief vir Chen se inhegtenisname is uitgereik ná hy telkemale afwesig by die hof was. Sy borgtog van N$300 000 is deur die staat verbeurd verklaar.
Lu se borgtog van N$300 000 is gekanselleer en aan hom teruggegee, maar klagte kan weer teen hom heropen word as die polisie daarin slaag om Chen weer in hegtenis te neem.
Die twee Chinese is in ‘n woonstel by Berghof Court in Eros met twee renosterhorings ter waarde van N$44 000 en ‘n haelgeweer in hegtenis geneem.
Nóg ‘n Chinese burger, mnr. Zhi Geng (38), is voortvlugtend.
Hy is aangekla in verband met die onwettige besit van 27 stukke renosterhorings van 1,14 kg ter waarde van N$91 000, asook 95 kg perlemoen ter waarde van N$235 000.
Hy is in Februarie 2016 in 'n huis in die Ludwigsdorf-woonbuurt in die hoofstad deur die polisie se eenheid vir beskermde bronne in hegtenis geneem.
Zhi het op 11 September 2017 nie vir sy hofverskyning opgedaag nie en sy regsverteenwoordiger, mnr. Amoomo Kadhila, het nie geweet waar sy kliënt hom bevind nie. 'n Lasbrief vir Zhi se inhegtenisname is op dié dag uitgereik en sy borgtog van N$250 000 is deur die staat verbeurd verklaar.
Klagte teen sy medebeskuldigde, die plaaslike sakeman, mnr. James Barron Wallace (49), is ook voorlopig teruggetrek. – Nampa en eie berig

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie