Chinese blaas aftog oor donkieslagpale
Chinese blaas aftog oor donkieslagpale

Chinese blaas aftog oor donkieslagpale

'n Chinese maatskappye het onttrek aan planne vir 'n donkieslagpale op Outjo nadat 'n studie probleme uitgewys het.
Augetto Graig
Augetto Graig - Die donkieslagpale wat die Chinese maatskappy Fu Hai Trading Enterprise op Outjo wou oprig, is van die baan.

So sê die Windhoekse Dierebeskermingsvereniging (DBV) en die Dierebeskermingsvereniging Namibië.

"Dit is wonderlike nuus," het me. Monique Redecker, uitvoerende hoof van die DBV Namibië, gesê.

Volgens haar het die DBV inligting van verskeie bronne ontvang wat aandui Fu Hai Trading het die projek laat vaar ná 'n omgewingsevaluering-maatskappy, Quivertree, se omgewingstudie.

Volgens me. Svenja Garrard van Quivertree is die vernaamste kommer: Die beperkte hulpbronne beskikbaar vir die slagpale; geen akkurate sensusdatum oor die donkiebevolking en hul aanteelkoers nie; die moontlikheid dat die donkiebevolking uitgeroei kan word; die risiko dat die projek onvolhoubaar is; en dat die voortbestaan van verarmde gemeenskappe in die omgewing deur die slagpale bedreig sou wees.

Dit was ook die hoofredes waarom die Chinese maatskappy sy aansoek om 'n omgewingsertifikaat teruggetrek het.

Redecker sê die DBV se groot kommer was dat die donkies wreed behandel sou word. Hulle was ook besorg oor die skielike toename in donkies se waarde wat die slagpale in die gebied sou veroorsaak. Volgens die DBV sou dit beslis lei tot stropery en onmenslike behandeling van die diere as hulle onwettig gevang en geslag word.

Nog 'n kwessie was dat renosterhoring en ander beskermde diereprodukte makliker na Asië gesmokkel sou word, saam met die beplande uitvoere van donkievelle.

Die DBV het ook die burgemeester van Okahandja, mnr. Johannes Hindjou, genader wat gesê het Fu Hai Trading het verlede jaar laas met hom kontak gemaak. Blykbaar wag hy steeds op amptelike dokumentasie van die Chinese maatskappy. As gevolg hiervan is geen voorstel aan die regering oorhandig nie.

“Die DBV hoop en glo die bestekopname wat Quivertree gedoen het, sal in aanmerking geneem word vir enige ander voorgestelde donkieslagpale, en uiteindelik die regering sal oortuig om nie enige donkieslagpale in die land toe te laat nie,” het Redecker gesê.

Redecker het namens die DBV spesifiek mee. Lindie Prinsloo van Outjo en Morgane James van die DBV Suid-Afrika, asook mnr. Alex Mayers van die Donkey Sanctuary UK bedank. Volgens haar het hulle 'n reusebydrae in die stryd teen donkieslagpale in die land gelewer.

Teen Maart 2017 het sowat 1 600 mense hul handtekeninge gevoeg by 'n petisie teen die vestiging van donkieslagpale op Outjo.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!