Chinese boer glo op ryk Zim-tabakplase
Minstens 4 000 kommersiële wit boere is van hul plase gesit
Volgens die Telegraph het die Chinese boere in minstens vyf tabakplase in die sentrale Mashonaland belê. Dié provinsie was tradisioneel een van die land se beste tabakproduserende gebiede.
Nagenoeg 1 500 akkers tabak kan moontlik vanjaar op dié plase geproduseer word.
Nuwe infrastruktuur op die plase, insluitend toerusting wat deur ’n maatskappy in Amerika vervaardig is, het na raming minstens US$9 129 260 (sowat R126 miljoen) gekos.
’n Bron in die tabakbedryf het glo gesê die Chinese maatskappy betaal groot bedrae huur vir die grond wat hulle gebruik. China het die afgelope dekade die grootste belegger in Zimbabwe geword, veral nadat pres. Robert Mugabe in 2000 ’n omstrede grondhervormingsbeleid begin toepas het.
Mugabe en sy Zanu-PF-party het die grondhervorming begin met die oorname van plase in wit mense se besit om swart mense wat nie grond besit nie, te hervestig. Mugabe het gesê die hervorming was om die ongelykhede wat koloniale grondbesit geskep het, reg te stel. Minstens 4 000 kommersiële wit boere is van hul plase gesit. Die besetting van die grond het dikwels met geweld gepaardgegaan. Verskeie wit boere het omgekom tydens konflik met veterane van Zimbabwe se vryheidstryd in die 1970’s.
Kritici van die hervorming het dit die skuld gegee vir swak produksie op plase omdat die meeste bevoordeeldes nie die vaardighede en middele gehad het om die grond te bewerk nie.
Mugabe het die afgelope jare gesê wit mense sal nooit toegelaat word om grond in Zimbabwe te besit nie en dat die enkele oorblywende wit boere die land moet verlaat. Hy meen Zimbabwe is “nie ’n land vir wittes” wanneer dit oor grondbesit gaan nie.
News24 het onlangs berig die Zimbabwiese regering het minstens 9,4 miljoen hektaar kommersiële grond gevat sedert met die herverdelingsprogram begin is.
Volgens Berita Chikwama, adjunkminister van grond en landelike hervestiging in Zimbabwe, het geen van die swart mense wat moes voordeel trek uit die program, egter daardie grond besit nie. Sy beweer geen titelaktes is aan dié eienaars gegee nie. Netwerk/News24Wire

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie