Chinese bouverslag in die spervuur
Die Namibia Fact Check (NFC)-projek kom tot die gevolgtrekking dat die Erfenisstigting se verslag op plekke “kortsigtig en vol foute” is.
Jana-Mari Smith
'n Konserwatiewe Amerikaanse verslag wat Namibië as die land met die meeste Chinese regeringsgeboue in Afrika aangewys het, is deur 'n Namibiese feitekontroleprojek as misleidend en gebrekkig beskryf.
Die verslag getiteld “Government buildings in Africa are a likely vector for Chinese spying” is op 20 Mei deur die Amerikaanse Erfenisstigting uitgereik. Hiervolgens is 25 van Namibië se regeringsgeboue deur Chinese konstruksiemaatskappye opgerig, die hoogste getal in Afrika.
Die verslag waarsku Chinese maatskappye kan hierdie geboue vir spioenasie in Afrika gebruik.
Volgens die verslag is Angola tweede op die lys met 15 regeringsgeboue wat deur Chinese firmas opgerig is, terwyl 11 sulke geboue elk in Ekwatoriaal-Guinee, Ghana en Uganda opgerig is.
Die Namibia Fact Check (NFC)-projek wys daarop dat hoewel die Erfenisstigting se verslag sorg vir “boeiende leesstof met oortuigende argumente, is daar beduidende data- en inligtinggapings en gehalteprobleme wat die boodskap ondermyn”.
Hoewel die NFC nie direk die spioenasiewaarskuwings in die verslag aanspreek nie, waarsku hulle die foute daarin werp 'n skadu van twyfel oor die akkuraatheid van die verslag.
Hulle beskryf dit as 'n “hoogs bespiegelende verslag wat versigtig benader en aangehaal moet word”.
Die NFC kom tot die gevolgtrekking dat die verslag op plekke “kortsigtig en vol foute” is.
Verder blyk daar 'n beduidende ondertelling in die aantal Chinees-geboude regeringsgeboue in Afrika en Namibië te wees, en van die inligting is “bloot onakkuraat”.
Die feitekontrolebeamptes het “ernstige gapings in die data en inligting” ontdek deur bloot die Namibiese data in die verslag na te gaan.
Die NFC beskryf dié stigting as 'n “deel van die Amerikaanse Republikeinse politiek wat die ideale van die Amerikaanse Trump-administrasie sterk ondersteun en beïnvloed.”
Die stigting het boonop 'n kardinale rol in die oprigting van binnelandse en buitelandse beleide onder president Donald Trump gespeel.
“Hierdie verslag blyk ter ondersteuning te wees van die Trump-administrasie se pogings om China op die wêreldtoneel in toom te hou namate die verhouding tussen die twee lande agteruitgaan te midde van ineenstortende bilaterale handelsbande en 'n blaamspel oor die Covid-19-pandemie.”
MAKLIKE TOEGANG
Die verslag is geskoei op die waarskuwing dat Chinese ondernemings wettiglik verplig is om die Chinese Kommunistiese Party (CCP) te help om intelligensie oraloor die wêreld in te samel, en die CCP se “twee dekade lange betrokkenheid in Afrika het dit waarskynlik toegelaat en uitgebrei”.
Deur uitgebreide bouprojekte en opknappingsprojekte in Afrika is toegang tot inligting in minstens 186 regeringsgeboue vergemaklik, lui een van die sleutelgevolgtrekkings in die verslag.
Behalwe vir die geboue, waarsku die verslag ook teen die probleem wat Amerikaanse intelligensie tans in die gesig staar – dat meer as 70% van die 4G-telekommunikasienetwerke in Afrika deur Huawei gebou is, en dat Huawei nou voortgaan met uitgebreide planne om 5G-netwerke in Afrika, ook in Namibië, op te rig.
Een van die onakkuraathede in die verslag is die waarskynlike ondertelling van Chinese geboue, nie net in Namibië nie, maar oor die hele vasteland.
“Aansienlik meer Namibiese regeringsgeboue as die 25 wat in die verslag gelys is, is deur Chinese maatskappye opgerig,” het die beamptes bevind.
Namibiërs het ook op aanlyn platforms daarop gewys, wat tot vrae oor die aantal Chinese regeringsgeboue in Afrika gelei het.
Die data in die verslag is in sekere gevalle ongetwyfeld onwaar, byvoorbeeld die insluiting van die Swapo-party se hoofkwartier as 'n regeringsgebou.
Die verslag reken Namibië is waarskynlik gelys as die land met die meeste Chinees-geboude regeringsgeboue as gevolg van aanlyn data, in vergelyking met ander lande waar data minder toeganklik is.
Volgens die data wat deur die China-Africa Research Initiative (Cari) gepubliseer is by die Johns Hopkins School of Advanced International Studies, is Namibië ver onder ander Afrikalande in terme van konstruksieverwante inkomste van Chinese maatskappye.
Die Cari-verslag het bevind in 2018 het die bruto jaarlikse inkomste van Chinese ondernemings se ingenieurs- en konstruksieprojekte in Afrika US$48,84 miljard beloop.
Hiervolgens is die topvyflande in Afrika, in terme van Chinese ingenieurs- en bouprojekte, Algerië, Angola, Kenia, Nigerië en Ethiopië.
Sedert die bekendstelling van die verslag het Namibiërs hul menings op sosiale media gelug.
Die skynbare vooroordeel van die Namibiese regering in terme van die indiensneming van Chinese ondernemings of gesamentlike projekte met dié ondernemings vir konstruksiewerk, tot nadeel van plaaslike maatskappye, het onder kritiek deurgeloop.
Onder die 25 geboue wat in die Erfenisstigting se verslag gelys word, tel die hoofkantoor van die ouditeur-generaal, die direktoraat vir burgerlugvaart se gebou, verskeie stads- en streekraadsgeboue, ondernemingsgeboue in staatsbesit en landdrosgeboue.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie