Chinese burger keelaf gesny
Chinese burger keelaf gesny

Chinese burger keelaf gesny

Denver Kisting
Denver Kisting



'n Man verskyn na verwagting vandag in die Rehoboth-landdroshof in verband met die grumoord op 'n Chinese burger.

Hoofinsp. Kauna Shikwambi, 'n polisiewoordvoerder, het gister gesê 'n 34-jarige Chinese man is vermoedelik op Werkersdag buite die Hardapdorpie vermoor.

Sy sê die man is by New Hope ­Investments, 'n beslote korporasie, keelaf gesny.

Shikwambi sê die oorledene was 'n bestuurder by dié steenonderneming.

Volgens haar is die man op die perseel oorval en aangeval.

Sy keel is met 'n skerp voorwerp gesny, sê sy. “Sy lewelose lyf is in 'n plas bloed ontdek met albei sy hande agter sy rug vasgemaak en 'n groen lap in sy mond gedruk.”

Die woordvoerder sê die man se lyk is tussen 20:00 en 20:30 ontdek.

Shikwambi sê 'n eertydse kollega (27) is sedertdien in verband met die grumoord in hegtenis geneem en sal na verwagting vandag in die hof verskyn.

Die polisieondersoek duur voort, sê sy.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!