Chinese ivoorsmokkelaars betaal N$30 000 elk
Die twee smokkelaars van 12 stukkies ivoor het ’n boete betaal eerder as om twee jaar agter tralies te sit.
Francoise Steynberg - Twee Chinese ivoorsmokkelaars wat in Desember by die Kapps Farm-padblokkade op pad na die Internasionale Lughawe Hosea Kutako met 12 stukkies olifanttande in koffieblikke betrap is, is gister met 'n boete van N$30 000 elk of tronkstraf van twee jaar in die landdroshof in Windhoek gevonnis.
Xue Xinxi (48) en Ruhe Zhang (61) het hul boete dadelik ná hul vonnisoplegging betaal, danksy die hulp van 'n Chinese vriend wat met 'n plastieksak vol kontant in die hof gereed gesit het.
Xue en Ruhe het Woensdag skuldig gepleit op die oortreding van die Wet op Beheerde Wildprodukte en Handel Nr. 9 van 2008 oor die onwettige besit van en uitvoer van beheerde wildprodukte (ivoor).
Landdros Vanessa Stanley het in haar vonnisoplegging gesê die Chinese het saam 12 stukkies ivoor van 1,1 kg ter waarde van N$1 005,80 in hul besit gehad met die bedoeling om dit na China te neem.
"Volgens die bepalinge van skedule 1 van dié wet is 'n persoon wetlik toegelaat om tot vyf items van verwerkte ivoor met 'n totale gewig van minder as 1 kg te besit. In hierdie geval het die twee gesamentlik net meer as 1 kg in hul besit gehad," het die landdros gesê.
Sy het gesê die hof neem hul persoonlike omstandighede en die erns van die oortredinge in ag, asook die totale gewig van die ivoor.
"Die misdaad is tydens 'n enkele voorval gepleeg. Elke beskuldigde word tot N$30 000 of twee jaar gevangenisstraf gevonnis," het Stanley gesê.
Die saak spruit uit die polisie wat op 7 Desember 2016 by die padblokkade snuf in die neus gekry het toe hulle die koffieblikke by die Chinese op pad na die lughawe gesien het.
Die olifanttande is in stukkies opgesny, in plastieksakke toegedraai en in die koffieblikke versteek. Koffiepoeier is bo-oor gestrooi.
Die Chinese is op 24 Februarie op borgtog van N$20 000 elk vrygelaat en die borgtog is nou verbeurd aan die staat verklaar.
Hulle is deur mnr. Mbushandje Ntinda verteenwoordig en mnr. Joseph Andreas het vir die staat opgetree.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie