Chinese kom bou aardgas-aanleg in Vrystaat
Francois Williams – Die aardgasprodusent Renergen het kontrakte toegeken aan ’n Chinese maatskappy om sy aanleg vir die produksie van vloeibare aardgas en vloeibare helium naby Virginia in die Vrystaat te bou.
Renergen is op die JSE asook op die Australiese beurs in Sydney genoteer.
Renergen sê hy het Western Shell Cryogenic Equipment Co. (WSCE) van China aangestel om die aanleg se tegnologie en toerusting te verskaf. EPCM Bonisana is die maatskappy wat die gaspypleiding sal bou.
WSCE vervaardig al sedert 2004 kleinskaalse toerusting vir aardgas-aanlegte.
Dr. Jia Lin Xiang, stigter en uitvoerende hoof, het ’n helium- kriogeniese toetslaboratorium vir die Amerikaanse ruimteagentskap Nasa ontwikkel, en hy was vir langer as tien jaar hoof-kriogeniese ingenieur by die Brookhaven National Laboratory in New York, volgens ’n Sens-verklaring wat Renergen Maandag uitgereik het.
Die gasaanleg sal na verwagting in die eerste helfte van 2021 in bedryf kom en sal tot 2 700 gigajoule se vloeibare aardgas en 350 kg se vloeibare helium per dag produseer.
Dit sal die eerste kommersiële aardgasaanleg in Suid-Afrika wees.
Die aanleg word in modules in die grootte van standaard vraghouers gebou sodat dit maklik vervoer en geïnstalleer kan word. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie