Chinese kontrakteur nie vir padwerke betaal
Chinese kontrakteur nie vir padwerke betaal

Chinese kontrakteur nie vir padwerke betaal

Werk aan die verlengde verbypad om Windhoek is weens wanbetaling gestaak.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Subkontrakteurs wat vir China Railway Seventh Group werk aan fase 1 van die lughawe-snelweg om die stad verrig, het hul werkers onttrek nadat dié Chinese kontrakteur nie deur die staat betaal is nie.

Mnr. Conrad Lutombi, uitvoerende hoof van die Paaieowerheid (RA), het gister by navraag bevestig werkverrigting aan die projek “is gedeeltelik gestaak”.

Volgens hom skuld die RA die kontrakteur N$14 miljoen.

Die verlenging van Mandume Ndemufayoweg oor die Kupferburgpad tot by Sam Nujomaweg, is 80% voltooi. China Railway Seventh Group doen die bouwerk in vennootskap met mnr. Martin Ipinge se Onamagongwa Trading Enterprises.

Lutombi het op ‘n vraag oor waarom die betaling agterstallig is, gesê die betaling is “deur die einde van die finansiële jaar” vertraag. Hy sê dit duur 56 dae vandat die kontrakteur sy eis vir betaling indien, tot betaling gemaak word.

“Die eise is aan die ministerie (van werke en vervoer) voorgelê en sal môre (vandag) of volgende week gemaak word,” het hy gesê.

Die minister van werke van vervoer, mnr. John Mutorwa, het in ‘n teksboodskap in reaksie op Republikein se navraag gesê hy is nog nie deur die RA ingelig dat die kontrakteur die padbouwerke in afwagting van sy betaling gestaak het nie.

Intussen het mnr. Yang Jun, adjunkhoof van die Chinese ambassade in Windhoek, gesê dit is nie die enigste projek wat deur wanbetaling beïnvloed word nie.

“Daar is ten minste drie projekte deur Chinese kontrakteurs wat deur wanbetaling geraak word.”

Hy kon nie nadere inligting oor die ander projekte verskaf nie.

‘n Plaaslike subkontrakteur met wie Republikein gepraat het, sê sy bedryf staan stil en sy werksmense bring hul dae in die werkswinkel deur omdat die buitelandse kontrakteurs vir wie hy werk doen, nie deur die staat betaal word nie.

Een van dié projekte is die finale afrondingswerk aan die Neckartaldam, waar die staat onlangs net 10% van die Italiaanse kontrakteur Salini SpA se agterstallige rekening vereffen het.

Volgens ‘n ingeligte bron het Salini te kenne gegee hy sal nie sy werksaamhede hervat voor die staat nie ten minste 30% betaal het van dít wat hy hom skuld nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!