Chinese kry N$102 miljoen-skoolprojek
Beswaar word uit die plaaslike konstruksiebedryf oor die toekenning van die tender aangeteken.
Kenya Kambowe – Die Federasie van die Konstruksiebedryf beskryf die tender wat aan 'n Chinese maatskappy toegestaan is as “stapelgek, veral as jy die huidige ekonomiese situasie in ag neem, met maatskappye wat herstruktureer, hul deure toemaak of bankrot verklaar word en duisende werkers wat afgelê word”.
Langverwagte opknappings by Linus Shashipapo Secondary School, een van die oudste skole in die Kavango Oos-streek, het onlangs begin. China Jiangxi International (Namibia) is bevestig as die hoofkontrakteur van die N$102 miljoen-projek.
Die skool het 'n ryk geskiedenis, met verskeie ministers, politici en bekende sakelui onder sy alumni.
Die Chinese maatskappy, 'n plaaslike filiaal van China Jiangxi International, wat volgens 'n internetsoektog ook soortgelyke bedrywighede in onder meer Kenia en Suid-Soedan het, spesialiseer in konstruksie, vervoer, eiendomsontwikkeling, mynbou, hotelle, restaurante, uitvoere en beleggings. Die African Development Bank (AfDB) finansier die projek.
PLAASLIKE ARBEID
Mnr. John Yan Zhuang, die Namibiese verteenwoordiger (woordvoerder) van China Jiangxi International (Namibia), het verlede week gesê twee plaaslike subkontrakteurs is reeds by die projek betrek.
Hy het bygevoeg dit is in dié stadium moeilik om te sê hoeveel plaaslike maatskappye nog aangestel gaan word.
“Ons het pas met die fondasie begin en ander subkontrakteurs sal nog genader word. Die lugversorging, rioolstelsel, bedrading en ander aspekte sal in 'n later stadium uitgeklaar word,” het Zhuang gesê.
“Ons maatskappy is reeds lankal operasioneel in Namibië en tussen 80 en 90% van ons werkers is Namibiërs, selfs al doen ons die werk.”
In 2016 het die destydse tenderraad van die regering die toekenning van die N$1 miljard-kontrak vir die konstruksie van die eerste minister se nuwe kantore uitgestel weens vrae oor waar die begroting vandaan sou kom.
'n Gesamentlike poging tussen 'n Namibiese sakeman, mnr. Vaino Nghipondoka, se maatskappy Babyface Civils en China Jiangxi International is deur die ministerie van werke en vervoer aanbeveel. Die projek is intussen weens 'n gebrek aan fondse vertraag.
'BAIE HARTSEER'
Die ministerie van onderwys het Woensdag aan Republikein se susterkoerant, Namibian Sun, bevestig die kontrak vir die Linus Shashipapo-opknappings het 'n waarde van N$102 765 061.28.
Tot dusver is N$4,4 miljoen aan die projek bestee.
“Die projek is op 20 Februarie 2020 van stapel gestuur en sal na verwagting op 19 Februarie 2022 voltooi word,” het die woordvoerder van die ministerie, mnr. Absalom Absalom, in 'n e-pos gesê.
Toe sy om kommentaar genader is, het die raadgewende hoofbestuurder van die Construction Industry Federation (CIF), me. Bärbel Kirchner, gesê: “Dit is baie hartseer dat ons nog buitelandse maatskappye het wat betrek word waar plaaslike ondernemings behoort te werk.”
“Hoe kan dit geduld word as plaaslike kontrakteurs sonder enige twyfel oor die vermoë en die ervaring beskik, maar nogtans oorgeslaan word?
“Neem ons huidige ekonomiese situasie in ag, met maatskappye wat herstruktureer, hul deure toemaak of bankrot verklaar word en duisende werkers word afgelê. Dit maak nie sin nie,” sê Kirchner.
“Ons moet ons bedryf aan die gang hou en soveel mense as moontlik betrek.”
Sy meen die toekenning van die tender het weereens die aandag gevestig op die belangrikheid van die wetsontwerp vir die instelling van 'n Namibiese konstruksieraad, wat binnekort in die parlement ter tafel gelê sal word.
“Terselfdertyd moet verkrygingsregulasies bestaan wat voorsiening maak vir voorkeure of afkeure vir plaaslike kontrakteurs.
“As ons inderdaad 'n doelgerigte bedryfspesifieke stimuluspakket nodig het om ons bedryf te red, is die toekenning van hierdie tender uiters teleurstellend, veral omdat plaaslike ondernemings oor die nodige kapasiteit beskik,” het Kirchner bygevoeg.
HARD GETREF
Namibian Sun het verlede week berig hoe die plaaslike konstruksiebedryf onder die huidige omstandighede ly. Die bedryf se bydrae tot die plaaslike ekonomie het van 7,2% in 2015 tot slegs 2,9% teen die einde van 2019 gedaal.
Kirchner sê in hierdie stadium is die helfte van die sowat 60 000 werkers in die formele en informele plaaslike konstruksiebedryf afgelê.
Die opknappings by Linus Shashipapo, wat sowat 130 kilometer oos van Rundu geleë is, word al vir jare bespreek, maar het nooit gerealiseer nie. Onderwysers en leerders moes in vervalle strukture klaarkom.
In een stadium het leerders en ouers tot die uiterste gegaan en 'n boikot van stapel gestuur.
GOEIE NUUS
As deel van die projek moet dakke wat afgewaai het, vervang word en noodherstelwerk gedoen word.
Mnr. Fanuel Kapapero, onderwysdirekteur van Kavango-Oos, sê hy is tevrede met die ontwikkeling.
“Dit is die beste nuus ooit, want ons wag al te lank vir die opknappings. Die vervalle situasie tot nou toe plaas ons onder druk, want die leerders en ouers het altyd gekla.
“Ons is baie dankbaar die opknappings word uiteindelik gedoen,” het hy gesê.
TERUGBLIK
Namibian Sun het die skool in 2018 besoek en in klaskamers plafonne aangetref wat gereed gelyk het om ineen te stort. Daar was ook groot krake in die mure.
Die dakke is deur die wind afgeruk en is sedert 2015 nie vervang nie.
Die skool, wat 630 leerders akkommodeer, het ook nie genoeg klaskamers of onderwysers gehad nie, terwyl die koshuis wat 480 inwoners huisves, glo 'n “ondraaglike reuk” het.
Die onderwysers se kwartiere was in 'n haglike toestand en gesondheidsbeamptes het die strukture as ongeskik vir verblyf verklaar.- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie