Chinese mark ontvang Meatco-vleis
Meatco se eerste besending wêreldgehalte beesvles wat reeds in Mei vanjaar uitgevoer is, is die afgelope week in die Chinese mark in Shijiazhaung, in hul Hebei-provinsie, bekend gestel. Namibië se ambassadeur in China, mnr. Elia Kaiyamo, het die Namibiese regering en Meatco tydens die bekendstelling verteenwoordig. China is die wêreld se grootste verbruiker van beesvleis, wat beteken Meatco kan sy produk in ‘n nismark plaas waar die beste moontlike opbrengste vir vleisprodusente gekry kan word. Foto verskaf.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie