Chinese met ivoorstukkies se verhoor in Julie
Francoise Steynberg
Die twee Chinese mans wat in Desember 2016 by die Kapps Farm-padblokkade op pad na die Internasionale Lughawe Hosea Kutako met ivoorstukkies in koffieblikke betrap is, se verhoor begin in Julie.
Die aanklaer-generaal het beslis dat Xinxi Xue (47) and Ruhe Zhang (60) se verhoor op 20 Julie in Windhoek se landdroshof sal begin. Hulle staan tereg op klagte van die onwettige besit, handel en uitvoer van beheerde wildprodukte volgens die Wet op Beheerde Wildprodukte No. 9 van 2000.
Die beskuldigdes het glo probeer om ivoor in koffieblikke uit die land te smokkel. Hulle is op 7 Desember by die padblokkade by Kapps Farm op pad na Hosea Kutako in hegtenis geneem, vanwaar hulle 'n vlug na China sou haal.
Die polisie by die padblokkade het glo snuf in die neus gekry toe hulle die koffieblikke sien. Die olifanttande is in klein stukkies opgesny, in plastieksakke toegedraai en in die koffieblikke versteek. Koffiepoeier is bo-oor gestrooi.
'n Robvel is glo ook in hul besit gevind, maar die beskuldigdes kon tydens hul formele borgtogaansoek 'n belastingfaktuur van Nakara voorsien, maar nie vir die stukkies olifanttande in hul besit nie.
Die Chinese is op 24 Februarie op borgtog van N$20 000 vrygelaat. Hulle word nie as 'n vlugrisiko beskou nie, omdat beide in Namibië woon en werk.
Hul borgtog is tot 20 Julie verleng wanneer hulle in die hof sal pleit en die verhoor sal begin.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie