Chinese neem Tibettaanse klooster oor
China
Chinese amptenare is by die oorname van een van die wêreld se grootste Tibettaans-Boeddhiste-kloosters betrokke.
Volgens Human Rights Watch (HRW) is hulle van plan om amptenare van die Kommunistiese Party in beheer van die klooster-administrasie aan te stel.
Larung Gar, ‘n uitgebreide Boeddhiste-sentrum van onderrig en gebed, is in die berge van die suidwestelike Sichuan-provinsie in China geleë. Die klooster is reeds verklein gedurende ‘n agt maande lange program waarvolgens dele van die klooster afgebreek en mense uitgesit is.
Die regering verdeel nou die sentrum in twee afdelings - ‘n akademie en ‘n klooster wat deur ‘n muur geskei word. – Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie