Chinese oorheers sentrums vir vars produkte
Tendervereistes ‘geïgnoreer’
Catherine Sasman - Varsproduktesentrums oraloor die land is almal deur Chinese maatskappye gebou, ondanks tendervereistes dat kontrakteurs Namibies moet wees.
Volgens die Tenderbulletin (25 – 31 Mei) het die Namibiese Ontwikkelingskorporasie (NDC) in 2010 twee tenders vir die bou van varsproduktesentrums namens die ministerie van landbou, water en bosbou toegeken.
Tóé is die N$107 miljoen-tender om Ongwediva se varsproduktesentrum (FPBH) te bou, aan China Jiangsu International as hoofkontrakteur toegeken. Vereistes vir swart ekonomiese bemagtiging het ook vir die tweede ronde van hierdie tender gegeld.
In 2010 is ‘n tender vir die sentrum van N$113 miljoen op Rundu egter vir China Jiangxi International Cooperation gegee, wat ‘n vennootskap met ‘n maatskappy genaamd Profile gesluit het.
Daarna, in 2014, is tendervereistes skynbaar weer geïgnoreer toe die tender van N$149 miljoen vir die bou van nog ‘n sentrum in die Wanaheda-woonbuurt van Windhoek toegeken is aan die vennote Jiangsu Zhentai en die Namibiese Uundenge Investment, wat deur Laban Kandume besit word.
Volgens tendervereistes moes dit egter toegeken word aan “Namibiërs en ‘n geregistreerde SME wat 100% deur Namibiërs besit word”.
Volgens die Tenderbulletin sal bouwerk aan die projekte ook eers in 2019 begin, ten spyte daarvan dat hierdie tenders jare gelede reeds toegeken is.
Onder die nasionale begroting vir die 2017-’18-boekjaar is ‘n bedrag van N$2,3 miljard aan die Nasionale Akkerbou-ontwikkelingsinisiatief (NHDI) toegestaan.
Dit sluit in die bouwerk van varsproduktesentra in die Oshana-, Kavango- en Khomasstreek asook die skep van bemarkinginfrastruktuur en organisatoriese strukture vir tuinbouers.
Windhoek se sentrum, asook die tweede fases van Rundu en Ongwediva se sentrums, moes reeds gebou gewees het in die boekjaar wat in Maart vanjaar afgesluit is.
Die Tenderbulletin skryf vir die 2018’19-boekjaar is die totale bedrag wat vir die NHDI toegestaan is na N$2,5 miljard verhoog. Die enigste aktiwiteit wat gelys is, is die voltooiing van die grondwerke vir Windhoek se sentrum.
Ander aktiwiteite wat vir verlede jaar beplan is, is na die 2019-’20-boekjaar geskuif.
Amta se woordvoerder, me. Meke Namindo, het gesê hoewel Amta verantwoordelik is vir die bestuur van die sentrums, het hulle nie ‘n sê in die toekenning van tenders vir die konstruksie daarvan nie.
Sy het Republikein na die ministerie van landbou, water en bosbou se woordvoerder verwys, wat tans egter vir werksverwante redes uitstedig is en na verwagting nog op skriftelike vrae sal reageer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie