Chinese op San-hervestigingsplaas
Plaaswerkers sê ’n projek wat sonder hul kennis gevestig is, baat hulle niks.
Catherine Sasman – ’n Oudvakbondleier ontken gerugte van onwettige onderverhuring op ’n San-hervestigingsplaas - en dít aan ’n Chinese maatskappy.
“Daar is geen onwettige onderverhuring hier nie,” het mnr. Alfred Angula, die voormalige sekretaris-generaal van die Namibiese Plaaswerkersunie (Nafwu), gesê.
Dié bewerings word sedert September laas jaar deur ’n kommissie van die ministerie van grondhervorming ondersoek.
Na verwagting sal ’n verslag daaroor teen die einde van Maart bespreek word.
Die Chinese maatskappy Aochen (wat “goeie hoop” beteken) Farming het sedert April verlede jaar 20 kweekhuise van 1 800 m² elk op Porsie 14, Ludwigshafen nr. 480, sowat 13km noord van Tsumeb, opgerig.
Nege San-gesinne is in 2009 op dié stuk grond hervestig.
Die plaas produseer ’n verskeidenheid groentesoorte wat by uitgesoekte supermarkte in Windhoek, Walvisbaai, Tsumeb, Otjiwarongo en Ondangwa verkoop word.
Maar lede van die gemeenskap beweer hulle is nooit oor die projek ingelig nie en dat hulle geensins daarby baat nie.
“Ons het nie ’n probleem met die projek of met die Chinese nie, maar hoe het hulle hier gekom? Ons is hier hervestig en het die reg om te weet,” het een van die begunstigdes, mnr. Matheus Kauswoab, gesê.
Nog ’n begunstigde, mnr. Moses Gaseb, voel positief oor die projek, “solank dinge reg gedoen word”.
Bronne wat anonimiteit verkies, het gesê die ministerie het intussen die maatskappy beveel om alle werksaamhede op die plaas te staak omdat infrastruktuur sonder toestemming opgerig is - maar dinge gaan ongestoord voort.
Angula het erken hy het nie toestemming by die ministerie gekry voor die kweekhuise opgerig is nie, omdat daar geen formele ooreenkoms of vennootskap tussen hom en Aochen Farming is nie.
“Ek het gesê ons moet eers konsentreer op ’n proefprojek en as ons tevrede is met die ontwikkeling daarvan, kan ons aansoek doen,” het Angula gesê.
HERVESTIGING
Toe die Ohlthaver & List-groep die plaas in 2008 verkoop het, het Angula, vermoedelik in sy hoedanigheid as Nafwu-verteenwoordiger, na bewering ingegryp en voorspraak gemaak vir die hervestiging van plaaswerkers daar.
Die nege gesinne wat in 2009 daar hervestig is, sluit in die Gaeseb-, Kauswoab-, Festus Harabib-, Johannes Aap-, Booitjie Koebeb-, Markus Kamati Sosa-, Andreas Kamati-, Elifas Haraseb- en Jan Tsam-gesin.
’n 2009-byvoegsel deur die ministerie van grondhervorming dui daarop dat die grond aan die Ludwigshafen Worker Trust toegeken is.
Angula het gesê hy is in sy persoonlike hoedanigheid en nie as ’n Nafwu-verteenwoordiger nie oor die trust ingelig, met die trustees wat die begunstigdes is.
Hy het homself ook as voorsitter van die trust aangestel en dring daarop aan dat die plaas nie aan die San-gemeenskap toegeken is nie, maar dat dit aan die trust behoort.
AOCHEN OP LUDWIGSHAFEN
Mnr. Tao Wang sê hy is die alleeneienaar van Aochen Farming omdat hy die enigste belegger in die projek is.
Hy sê hy het tot dusver meer as N$6 miljoen in die projek belê.
Hy het dit duidelik gemaak dit is regeringsgrond waarop die projek bestuur word.
Wang het gesê hy het nog net met Angula te doen gehad, maar wou nie sê hoe Angula by die transaksie baat nie. Nafwu se huidige sekretarisgeneraal, mnr. Roco Nguvauva, is onder die indruk die unie is by die Aochen-projek betrokke en meen die unie moet dividende ontvang aangesien die plaas selfonderhoudend is.
Wang het gesê geen dividende is al aan enigiemand betaal nie, omdat die projek nog nie ’n wins maak nie.
Wang het ook nie geweet of geld betaal moet word vir die gebruik van die grond nie en het gesê Angula is hiervoor verantwoordelik.
Hy sê hy was ’n voormalige Verenigde Nasies-vredemaker in Liberië en het Namibië in 2015 besoek op soek na besigheidsgeleenthede.
Hoe hy Angula ontmoet het, is nie duidelik nie.
Wang plant tans op 20 ha grond en beoog om die projek na 100 ha uit te brei.
Sowat 10 mense van die San-hervestigingsgemeenskap werk aan die projek, maar kla dat hulle min betaal word.
Sowat 60 ander werkers is van naburige plase en Tsumeb.
Volgens Angula verdien die werkers ’n gemiddel van N$1 200 per maand.
Wang sê hy en sy span het produksie, krag en water na ’n plaas gebring wat vir bykans ’n dekade braak gelê het.
“Ek het geen twyfel dat dit ’n goeie besluit was nie,” het Angula gesê.
“Dit maak seer wanneer jy iets positief doen en mense daarvan ’n etniese, negatiewe ding maak,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie