Chinese president kuier in N-Korea
Pres. Xi Jinping van China het Donderdag die eerste Chinese leier in 14 jaar geword wat Noord-Korea besoek.
Die Chinese media sê hy sal twee dae in Noord-Korea vertoef en Kim Jong-oen, die Noord-Koreaanse leier, ontmoet.
Dit sal ’n simboliese ontmoeting wees, veral in ’n tyd waarin China en Noord-Korea sukkel om met Amerika te onderhandel, berig The Guardian.
Amerika en China is in ’n handelsoorlog gewikkel, maar pres. Donald Trump en Xi sal mekaar na verwagting in Junie op die G20-beraad in Japan sien nadat hulle in Mei opgehou onderhandel het.
Trump en Kim se gesprekke in Viëtnam in Februarie het ook skielik tot ’n einde gekom toe albei partye hul samesprekings kortgeknip het.
Trump en Kim het oor die afskaling van kernwapens en sanksies teen Noord-Korea onderhandel.
Kim en Trump het mekaar reeds twee keer ontmoet. Kim het ook ná sy vinnige samesprekings met Trump in Viëtnam met pres. Wladimir Poetin van Rusland vergader. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie