Chinese rykes jaag om miljarde ‘weg te steek’
Die nuwe reëls beoog om die druk van hoë belasting op middelinkomste- Chinese burgers te verminder deur ryker individue meer te laat betaal.
Ryk Chinese is glo aan die woeker om hul inkomstes en bates in oorsese trusts weg te steek voordat dié land se Jan Taks se nuwe reëls in Januarie in werking tree.
By die Bank van Singapoer is daar reeds sedert die aanvang van die tweede helfte van 2018 ’n 35%-toename in die aantal Chinese kliënte wat in buitelandse trusts belangstel, volgens Woon Shiu Lee, hoof van welvaartbeplanning by die bank.
Navrae oor die vestiging van ’n trust wat “belastingbeplanningsgeleenthede” bied deur eienaarskap van bates aan ’n derde party te gee, het sedert Augustus verdubbel.
Die nuwe reëls beoog om die druk van hoë belasting op middelinkomste- Chinese burgers te verminder deur ryker individue meer te laat betaal.
Dit het werk laat instroom na konsultante, private bankiers en prokureurs wat spesialiseer in hoe om ’n trust te ontwerp wat eienaarskap van oorsese bates buite die bereik van die nuwe belastingreëls hou.
Reeds in 2017 het die Chinese bevolking se persoonlike rykdom tot US$21 000 miljard gegroei. Soos die rykes ryker word, word dit al hoe algemener dat bates en inkomste oorsee versteek word of dat mense hul belastingstatus probeer verander.
Geld wat deur Chinese burgers oorsee gehou word, gaan na verwagting vanjaar US$1 000 miljard bereik, ten spyte van die regering se pogings om riskante uitgaande samesmeltings en verkrygings, asook kapitaalvlug, te verhoed deur middel van strenger beheer oor geld wat uit die land mag gaan, skat die Boston Consulting Group.
BUITELANDSE TRUSTS
“Die belangstelling in die vestiging van buitelandse trusts en die kansellasie van Chinese huishoudelike registrasies was enorm,” sê Peter Ni, ’n vennoot en belastingspesialis by die regsfirma Zhong Lun in Shanghai. “Hoënetto-waarde-individue jaag om dit voor die 2019-sperdatum te haal.”
Van China se rykstes gebruik reeds trusts, dikwels in die Kaaimanseilande gesetel.
Trusts plaas bates onder die eienaarskap van derdeparty-trustees. Dit kan soms ’n eienaar se vermoë om besluite te neem, beperk, maar kan ook help om weg te kom van belasting so hoog as 20% op winste van wat die Chinese owerhede as “beheerde buitelandse maatskappye” beskou.
Die hervormings volg kort op die hakke van die regering se pogings om die vervolging van Chinese bekendes as voorbeelde te gebruik.
In Oktober het die regering die Chinese TV-ster Fan Bingbing en van haar maatskappye met ’n rekordbedrag van US$129 miljoen beboet vir agterstallige belasting. Kort daarna het die regering gewaarsku dat ander bekendes hulle ook boetes op die hals kan haal as hulle nie vinnig enige onbetaalde belasting verklaar nie.
“Van die onlangse sake in China het paniek gestook,” het Jason Mi, ’n vennoot by EY, gesê. “Chinese sakelui is besig om senuweeagtig na hul opsies te kyk voordat die tyd opraak.” – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie