Chinese sakeman in hof oor ietermagôskubbe
Francoise Steynberg - 'n Chinese sakeman is gister in die Okahao-landdroshof op borgtog van N$3 000 vrygelaat nadat hy Sondag in verband met die onwettige besit van ietermagôskubbe in hegtenis geneem is.
Volgens die hoof van die Blue Rhino-taakspan, komm. Barry de Klerk, is die ietermagôskubbe Sondag by mnr. Ma Jingsuo (59) se sakeperseel op Okahao tydens 'n polisiesoektog ontdek.
Die beskuldigde wat volgens de Klerk al jare op Okahao bly, het op klagte van die onwettige besit van en handel in beheerde wildprodukte verskyn.
Sy saak is tot 28 Mei vir verdere polisieondersoek uitgestel.
- [email protected]
FOTO NAMPA

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie