Chinese uit op borgtog
Chinese uit op borgtog

Chinese uit op borgtog

Die twee Chinese mans wat in Januarie met twee renosterhorings betrap is, het gister borgtog in Windhoek se landdroshof gekry.
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw – Landdros Vanessa Stanley het gister borgtog van N$300 000 elk aan die Chinese burgers mnre. Lu Yonghui (41) en Chen Nan (29) toegestaan.

Hulle is vroeër vanjaar in verband met die besit van renosterhorings in hegtenis geneem.

Hoewel die staat borgtog teengestaan het weens die erns van die klagte teen die beskuldigdes en die groot moontlikheid dat hulle op die vlug mag slaan, is dit wel deur die hof toegestaan.

Landdros Stanley het haar beslissing gemotiveer deur te sê dat tronkstraf nie van toepassing is vir die klagte waarop die twee tereg staan nie, en dat daar dus nie ’n groot risiko is dat hulle op die vlug sal slaan indien hulle weet dat ’n ligter straf opgelê sal word nie.

Sy het ook genoem dat indien hulle op die vlug sou slaan, hulle die borgtogbedrae van N$300 000 elk sal verbeur, wat op sigself as afskrifmiddel behoort te dien.

Die landdros het verder genoem dat Lu reeds ’n geruime tyd in Namibië woon en dat hy bates en ’n besigheid in die land het en dus geen rede het om op die vlug te slaan nie. Sy het wel toegegee dat Chen nie sterk bande met Namibië het nie, wat hom ’n groter vlugrisiko maak.

Stanley het haar ook uitgespreek oor die feit dat enigiemand betrokke by handel in renosterhorings stroping bevorder en ook ’n mark vir wildlewe-produkte skep en só ’n ketting van gebeure skep.

Beide Lu en Chen staan tereg op klagte dat hulle artikel 4(1) van die wet op beheerde wildprodukte en handel van 2008 oortree het deurdat twee renosterhorings in hul besit gevind is. Volgens die klagstaat is die twee op 19 Januarie in of naby Windhoek gevang toe hulle onwettig en met opset twee renosterhorings in hul besit gehad het of daarmee handel gedryf het sonder dat hulle enige permit gehad het om die horings in hul besit te hê of daarmee handel te dryf.

Die saak is tot 21 Junie uitgestel om die polisie die geleentheid te gee om hul ondersoek te voltooi.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!