Chinese vragmotors met hout gestop
Vragte kosbare hout is in vraghouers onderweg na China gevind ondanks ‘n ooreenkoms tien dae gelede om alle houtkappery te staak.
Catherine Sasman - Die bosboudepartement van die ministerie van landbou, water en bosbou het Donderdag bevestig dat vragmotors wat aan die Chinese onderneming New Force Logistics behoort, en waarskynlik onwettig geoeste hout vervoer het, op Katima Mulilo voorgekeer is.
Die hoof van die departement, mnr. Joseph Hailwa, sê sommige vraghouers is afgetrek “totdat ons die probleem opgelos het”.
Volgens die ministerie het New Force Logistics nooit ‘n permit bekom om die bome af te kap nie en eweneens het die ministerie nie toestemming gegee dat enige bome aan die maatskappy verkoop mag word nie.
New Force Logistics het glo begin om die waardevolle Afrika-rooshout en kiaat af te kap binne die terrein van 1 700 hektaar waarvoor die gesamentlike onderneming MK Capital Investments/Okalongo Investment ‘n tender vir ontbossing by Katima Mulilo en die Liselo-bespoeiingskema gekry het. Een van die aandeelhouers in die gesamentlike onderneming, ambassadeur Leonard Iipumbu, wat nou die hoof van protokol is, wou nie kommentaar lewer oor die tender of New Force Logistics se betrokkenheid by die afkap van bome nie. Hy sê hy reageer nie op “gerugte” nie.
ACC
Mnr. Nelius Becker van die Teenkorrupsiekommissie (ACC) sê volgens die algemene voorwaardes van die kontrak met die gesamentlike onderneming kan “alle afvalmateriaal” van die terrein verwyder en vernietig word.
Die kontrakteur, in dié geval die gesamentlike onderneming, kan die hout op die terrein waar die besproeiingsvelde voorberei word, verkoop indien dit deur die ministerie versoek word.
Die gemeenskap en deskundiges kla dat baie van die bome wat nou verwyder word, onvervangbaar is en bevraagteken die verwydering van die bome.
“Dit is waar dat sommige van die bome beskerm is. Die regering het egter besluit om daardie besondere deel se grondgebruik van woudlande tot akkerbougebied te verander. Dit is nie maklik of produktief om landbou-oeste te produseer terwyl woude die grond bedek wat bewerk moet word nie.
“Gevolglik is ‘n omgewingsimpakstudie onderneem en die werk is geadverteer. Dit het daartoe gelei dat sommige van die beskermde bome verwyder moes word,” het die ministerie van landbou, water en bosbou gesê.
NamRights
Die menseregteorganisasie NamRigts het middel Junie berig dat New Force Logistics onverpoos voortgaan om beskermde Mukula-bome helder oordag en met die volle kennis van die polisie en die departement van bosbou af te kap.
Op die foto’s wat NamRights beskikbaar gestel het, blyk dit die maatskappy kap ook die ewe waardevolle Afrika-rooshoutbome af wat in China hoog in aanvraag is.
Die uitvoerende direkteur van NamRights, mnr. Phil ya Nangoloh, sê New Force Logistics het aanvanklik die hout op oop vragmotors vervoer. Toe dit aandag begin trek, het die maatskappy dit in geslote vraghouers vervoer.
Ya Nangoloh sê dit wil voorkom asof die Chinese maatskappy plaaslike hoofmanne in die omgewing omkoop om die bome onwettig af te kap.
'n Chinese burger verbonde aan New Force Logistics wat homself slegs as Josy geïdentifiseer het, ontken dat die maatskappy enige bome afkap en sê dat hulle net boomstompe na Walvisbaai vervoer.
“Dit is nie ek wat die bome afkap nie," hou Josy vol. “MK Construction het 'n permit, nie ek nie. My maatskappy vervoer net die vrag."
Josy sê die afkap van die bome vind net binne die grense van die tenderterrein plaas. "Hoekom nie?"
LAC
Dis egter deur mnr. Willem Odendaal, die koöordineerder van die Regshulpsentrum (LAC) se omgewing en ontwikkelingprojek (LEAD), bevraagteken.
Odendaal sê 'n informant het die onwettige boomstropery, buite die grense van ontbossingtender, onder die aandag van die LAC gebring.
Hailwa het bevestig dat sommige boomafkappery "buite die raamwerk" van ontbossing is en toegegee dat "sommige" boomafkappery binne die gebied van die Caprivi-staatswoud plaasvind.
Hy het gesê 'n ooreenkoms is tien dae vantervore bereik om alle boomafkappery te staak, totdat 'n bosboudirektoraat behoorlike leiding kon gee oor waar bome wel afgekap mag word.
Geen in hegtenisnemings is gedoen nie, omdat dit 'n "baie ingewikkelde aangeleentheid" is waarby 'n aantal "rolspelers" betrokke was, het Hailwa gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie