Chinese vrou (60) op Omaruru verkrag
Francoise Steynberg - 'n Bejaarde bloemiste (60) is Dinsdag in haar winkel aangerand, verkrag en beroof.
Volgens die koördineerder van misdaadondersoeke in die Erongostreek, adj.komm. Erastus Iikuyu, het die voorval omstreeks 19:00 plaasgevind, maar die 19-jarige verdagte is gelukkig Woensdagaand vasgetrek.
"Die verdagte het glo die Chinese vrou se winkel ingegaan en haar met ‘n yster oor die kop geslaan. Sy het 'n oop wond in haar kop," het Iikuyu gister aan Republikein gesê.
"Die verdagte het glo die vrou verkrag waarna hy met gesteelde goedere ter waarde van sowat N$7 300 op die vlug geslaan het."
Die slagoffer is volgens Iikuyu na die Omaruru-staatshospitaal vir behandeling geneem, maar sy is nie opgeneem nie.
"Die verdagte is Woensdagaand in die Ozondjie-woonbuurt op Omaruru in hegtenis geneem en al die gesteelde goedere is teruggevind.
Die verdagte sal vandag in die Omaruru-landdroshof verskyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie