Chinese wil massabehuising gou voltooi
Plaaslike boubedryf in gedrang
Catherine Sasman - Tien van die 48 aanbiedinge wat ontvang is om huise ingevolge die massabehuisingsprogram in Tseiblaagte en Krönlein in Keetmanshoop te voltooi, is van Chinese maatskappye afkomstig.
Dit ten spyte van die ministerie van werke en vervoer se vereiste dat slegs konstruksiemaatskappye wat ten volle Namibies is, of gesamentlike ondernemings is van 100% Namibiese maatskappye waarvan 51% aan voorheen benadeelde Namibiërs behoort, mag deelneem.
Volgens die Tender Bulletin van 5-11 Augustus, het sekere Chinese maatskappye op hul eie getender sonder om “enigsins moeite te doen om met Namibiërs saam te span”. ’n Handjie vol het wel gesamentlike ondernemings (GO) aangegaan.
Voorts word berig dat die tender wat op 27 Julie gesluit het, uitgereik is ingevolge ’n tendervrystelling, die eerste openbare tender wat die departement van werke se tenderkantoor vir die massabehuisingsprogram geadverteer het.
Alle vorige massabehuisingstenders is deur die Nasionale Behuisingsonderneming (NHE) gehanteer, wat nie ’n openbare tenderproses behels het nie.
“Tog is die openbare kompeterende bieëry vir hierdie tender weer eens nie ten volle deursigtig nie, aangesien net die name van die EOI-tenderaars (aanduiding van belangstellendes) aangekondig is, soos die geval was met die ou TIPEEG (geteikende ingrypingsprogram vir werkskepping en ekonomiese groei),” volgens die Tender Bulletin.
Volgens die berig sal slegs die suksesvolle kontrakteurs in kennis gestel word, aangesien die kans skraal is dat bedrae van diegene wat gekortlys is, openbaar gemaak sal word.
“Ten minste weet ons wie getender het, maar die bedrae en kontrakvoorwaardes bly ’n geheim,” volgens die berig.
Dit is ook gevra of die kontrakvoorwaardes ooit onthul sal word, en of “kontrakte agter geslote deure toegeken gaan word soos die geval met die vorige – chaotiese – massabehuisingsprogram”.
Ander spesiale voorwaardes vir die tender was dat slegs kontrakteurs wat gedokumenteerde bewyse lewer van suksesvolle voltooiing van ’n regeringsbouprojek in Namibië ter waarde van minstens N$25 miljoen, aan die EOI kon deelneem.
Die Tender Bulletin het voorheen gerapporteer dat Namibië se “brose boubedryf deur sy eie regering verkoop word aan China se roofsugtige konstruksiemaatskappye wat die grootste aandeel van staatsprojekte verorber” ten koste van Namibië en ander naburige lande se maatskappye – sommige wat jarelange verbintenisse met Namibië het.
In ’n blitspeiling is bevind die regering se “mees begunstigde” Chinese maatskappye is China Henan International, China State Construction, Zhong Mei Engineering, China Harbour Engineering Co, China Jiangxi International, China Jiangsu International, Jiangsu Zhentai, Qingdao Construction, China Civil Engineering Construction, New Era Investment en Synohydro Corporation.
Uit dié maatskappye het China Civil Engineering Construction, ’n Chinese maatskappy in die staat se besit, in ’n gesamentlike ondernemimg met Oshilogo Construction getender vir die voltooiing van die massabehuisingsprojek in Keetmanshoop.
Quindao Construction het ’n onderneming met Mediva Construction aangegaan en Jiangsu Zhentai met Demi Investment. New Era Investment het kragte saamgespan met Zillion Investment Holdings en China State Construction Engineering het met Inno Investment saamgesnoer.
Onlangse groot staatstenders aan Chinese en goedgeplaaste Namibiese maatskappy toegeken:
China State Construction Engineering/Abland Engineering & Construction JV
- N$126 miljoen vir die eerste 14 km van die uitbreidingsprojek van die noordelike spoorlyn van Ondangwa tot Oshakati;
- ’n bod van N$75 miljoen is ingedien vir die derde fase van die noordelike spoorlynprojek;
- N$208 miljoen vir die Namibiese Lughawensmaatskappy om die aanloopbaan by die Ondangwa-lughawe te rehabiliteer; en
- N$184 miljoen vir die tweede fase van die rehabilitasie van die aanloopbaan by Ondangwa-lughawe.
China Harbour Engineering Co (CHEC)
- N$3 miljard vir die uitbreiding van die vraghouer-terminaal by die Walvisbaaise hawe; en
- N$3,7 miljard vir ’n petroleum-laaikaai en ’n pyplyn in Walvisbaai in ’n GO met die Paaiekontrakteursmaatskappy en Babyface Civils.
Synohydro Corporation Limited
- N$7 miljard NamPower-tender vir ’n 250 MW kragsentrale in ’n GO met Xaris Energy (Pty) Ltd.
China Civil Engineering Construction (Namibia) (Pty) Ltd.
- N$745 miljoen-kontrak om ’n nuwe hoofkantoor vir die ministerie van binnelandse sake en immigrasie te bou, in ’n GO met Oshilongo Investment;
- N$290 miljoen vir massagrondwerke vir fase 1 en 2 van ’n nuwe hoofkantoor vir die ministerie van inligting en kommunikasietegnologie in ’n GO met Northern Sanitary Services; en
- N$30 miljoen vir ’n nuwe streekhoofkantoor van die ministerie van binnelandse sake en immigrasie op Oshakati in ’n GO met Dynamic Investment Group.
New Era Investment
- N$234 miljoen (ontwikkelingsbegroting) vir die bou van kantore by NamPol se hoofkantoor in Windhoek.
Jiangsu Zhentai Construction Group
- N$147 miljoen NDC-tender vir die bou van ’n nuwe hoofkantoorkompleks vir die ministerie van landbou, water en bosbou in ’n GO met Uundenge Investments;
- N$65 miljoen vir die konstruksie van korrektiewe fasiliteite sowat
1 km buite Outapi wat in 2018 voltooi moet wees;
- N$52 miljoen vir die nuwe hoofkantoor van die Paaie-owerheid in ’n GO met Otjomuise Construction;
- bou van ’n nuwe hoofkantoor vir die Namibiese Patologiese Instituut in ’n GO met The Hood Investment. Geen besonderhede oor die bedrae is aangekondig nie en die projek is nie in die ontwikkelingsbegroting vir 2014 gelys nie;
- N$149 miljoen vir die Windhoek varsprodukte-spilpunt in Wanaheda in ’n GO met Uundenge Investment;
- N$82 miljoen vir die bou van die Ongwediva koelkamer- en vleisverwerkingsfasiliteit vir die ministerie van landbou, water en bosbou, in ’n GO met Uundenge Investments; en
- tenders is toegeken vir die opknapping van die Khorixas-distrikshospitaal en Oshakati-staatshospitaal, opknappings by die hooggeregshof, kliniek en behuisingseenhede op Ekamba, die Senior Sekondêre Skool Juuso Shikongo op Omuntele en meer as 250 huise in Karasburg.
China Jiangxi International Namibia
- N$132 miljoen vir die bou van die hoofkantoor vir die direktoraat burgerlugvaart in ’n GO met Babyface Civils;
- N$187 miljoen vir die oprig van ’n nuwe streekhoofkantoor en Klas A polisiekantoor op Omuthiya;
- N$70 miljoen vir NIPAM-kampus fase 2 in ’n GO met Joevani Properties; en
- N$113 miljoen Rundu varsprodukte-spilpunt in ’n GO met Profile JV.
Zhong Mei Engineering
- Het N$42 miljoen getender vir die bou van die nuwe ministerie van visserye en mariene hulpbronne se fase 2, in ’n GO met Joevani Properties; en
- N$110,8 miljoen vir slagpale en ’n vleisverwerkingsfasiliteit in Rundu in ’n GO met Palladium Investment.
Qingdao Construction
- N$75,4 miljoen vir ’n nuwe eindpuntgebou by die lughawe op Ondangwa.
China Zhen Jiang Construction
- Nuwe kantoorgebou vir Epangelo Mining in ’n GO met Essential Green Investment. Geen besonderhede oor die kontrakwaarde is beskikbaar nie.
China Jiangsu International
- N$107 miljoen vir die Ongwediva varsprodukte-spilpunt.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie