Chipolopolo in spervuur
Afrigter Bobby Samaria wys vertroue in sy plaaslike groep vir die stryd teen die buurland.
Die Tafel Lager Brave Warriors is gereed om die immergroen Zambiese sokkerspan môre om behoud van die Hage Geingob-beker te stuit.
Die Namibiërs, wat dié trofee verlede jaar teen Ghana ná ’n strafskopstryd met 4-1 behou het, is gretig om dit opnuut van die besoekers te weerhou.
Die Warriors het in 2017 en verlede jaar ook die eenmalige vriendskaplike wedstryd in die Sam Nujoma-stadion teen genooide buitelandse opposisie gewen. Die Namibiërs is tans besig met hul aanslag om ’n plek by die 2022 Fifa Wêreldbeker in Katar oop te speel en sal volgende week in die Afrika-Nasiesbeker (Afcon) se uitspeelrondes sake uitspook.
Die plaaslike spelers wat vir die kragmeting teen Zambië gekies is, het môre vanaf die afskoptyd (15:00) baie om te bewys wat in hulle steek. Die hoofafrigter, Bobby Samaria, het op plaaslike talent gefokus en sal eers aanstaande week sy buitelandse spelers vir die Afcon-botsings nader roep.
“Die plaaslike spelers het vanjaar ’n lang pad gevorder. Ek het die voorreg gehad om die manne af te rig, want met ’n liga wat nog nie aan die gang gekom het nie, is die spelers se fiksheid en wedstrydvernuf nie na wense nie. Maar hulle is nogtans gretig om hulself teen Zambië te bewys en sal die naweek hul beste lewer.
“Ons het die afgelope twee jaar met ’n mengsel van plaaslike en internasionale spelers die beker gewen en Namibië suksesvol verteenwoordig. Nou, met net plaaslike spelers in die span, is dit tyd dat dié ouens vir ’n slag die kollig steel.
“Ek wil graag sien dat die spelers se selfvertroue ’n goeie hupstoot kry en dit sal net met ’n oorwinning moontlik wees. Dit is dieselfde manne wat vir Namibië na die 2020 Afrika-Nasieskampioenskap die wa deur die drif getrek het om in Januarie in Kameroen te gaan speel,” het die afrigter vertel.
Samaria sê behalwe vir die plaaslike spelers, oefen Benson Shilongo ook saam met die span. Shilongo, wat sy klubsokker in Egipte speel, is ’n belangrike skakel in die groep om vir die 2022 Fifa Wêrelbeker voor te berei. In die proses om te kwalifiseer, staan Tsjad breed in die Warriors se pad op 13 November wanneer hulle tuis speel. ’n Paar dae later op 17 November stap die Warriors in Guinee vir ’n kwalifiserende Afcon-botsing op die veld.
“Die plaaslike ouens moet ook vir ’n plek by die Wêreldbeker en Afcon veg. Saterdag sal ’n interessante dag op die sokkerveld teen Chipolopolo wees. Ons het baie talent. Ek het dit al tevore gesê, maar die enigste manier hoe ons kan vordering maak, is as die spelers reg bestuur word,” het Samaria verduidelik.
Die hekke open môre om 10:00 met die aksie wat kort daarna om 11:00 tussen Swallows en Windhoek City in ’n o.17-wedstryd begin.
Toeskouers kan ook uitsien na die ‘Clash of the Legends’ waar voormalige spelers mekaar om 13:00 pak. Die MTC Legendes sal die NBL Legendes die stryd aansê.
Kunstenaars soos Sunny Boy, Top Cheri, T-Boss & Staika en Rizeana sal by die stadion optree. Kaartjies wat vooraf gekoop word, kos N$20 en is by Sokkerhuis in Katutura en Web-tickets by Pick n Pay-takke beskikbaar. Kaartjies by die hek sal N$50 kos.
• Namibiërs gaan op 27 November na die stembus in die nasionale en presidentsverkiesings, maar enigiemand wat môre die kleredrag of boodskap van ’n politieke party bevorder, sal toegang tot die Sam Nujoma-staion geweier word, het die Namibiese Sokkervereniging gister verklaar.
Volgens die NSV is partypolitieke boodskappe ewe taboe as enige ander verbode items wat nie in die stadion toegelaat word nie, soos gevaarlike wapens, ongeoorloofde bemarkingsitems of ander potensieel skadelike voorwerpe.
“Kom ons wys politieke volwassenheid en verdraagsaamheid teenoor alle sokkerliefhebbers wat deur die hekke kom. Kom ons geniet die dag saam met ons gunsteling sokkerspelers en die kunstenaars,” lui hul verklaring. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie