Chiradza gaan nie appelleer
Die Zimbabwiese mediese dokter, wat onlangs tronkstraf opgelê is weens strafbare manslag, beplan nie om appèl aan te teken nie.
Denver Kisting – Mnr. Willem Visser, ’n Grootfonteinse prokureur, het gister gesê sy kliënt, die Zimbabwiese dokter Yevai Chiradza, het begin om sy vonnis in Walvisbaai uit te dien.
Chiradza is twee weke gelede in die landdroshof op Karibib aan strafbare manslag en roekelose en nalatige bestuur skuldig bevind.
Visser het gister gesê Chiradza is aanvanklik van die polisieselle op Karibib oorgeplaas na die gevangenis op Omaruru.
Die omstrede dokter is intussen Walvisbaai toe verskuif, het Visser gister by navraag gesê.
Adj.komm. Eveline January, korrektiewe dienste-woordvoerder, het gister bevestig Chiradza word op dié hawedorp aangehou.
Hy is effektief drie jaar en ses maande gevangenisstraf opgelê nadat sy nalatigheid die lewens gekos het van die susters, mee. Welmine Louw en Alet Junius, en Louw se enigste seun, mnr. Konrad Louw.
Visser sê hy was nog nie met Chiradza self in kontak sedert Vrydag 13 Julie nie, maar wel met die dokter se vrou. In dié stadium het die Chiradzas nog geen planne aan hom gekommunikeer om teen die skuldigbevinding en vonnis te appelleer nie.
“Ek het geen instruksies oor appèl gekry nie.”
Presies drie jaar nadat sy roekelose en nalatige bestuur aan die verkeerde kant van die pad die dood van die drie mense veroorsaak het, is Chiradza twee weke gelede tronk toe gestuur.
Landdros Unchen Konjore het Chiradza tronkstraf van vier jaar weens strafbare manslag opgelê.
Ses maande van dié vonnis is vir vyf jaar opgeskort mits hy nie in hierdie tydperk aan dieselfde misdaad skuldig bevind word nie.
Wat die skuldigbevinding aan roekelose en nalatige bestuur betref, het Konjore ’n boete van N$3 000 of gevangenisstraf van nege maande opgelê.
Sou Chiradza nie dié boete betaal nie, sal die twee korrektiewe vonnisse terselfdertyd uitgedien word, het die landdros gelas.
Mnr. Louw is op Sondag 12 Julie 2015 dood enkele ure nadat Chiradza met ’n gehuurde voertuig reg van voor teen hulle gebots het nadat hy oomblikke vantevore ’n ander voertuig ook getref het. Sy ma, me. Louw, het kort daarna – tydens die vroeë oggendure van 13 Julie – aan haar wonde beswyk.
Twee dae ná hul gesamentlike begrafnis is die familie ’n verdere knou toegedien toe Junius ook weens daardie ongeluk omgekom het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie