Cholera eis meer as 50 in Tsjad
'n Cholera-uitbreking woed in die konflik-geteisterde Tsjad en noodwerkers en die owerhede sukkel om dit onder beheer te kry.
Meer as 50 mense is al in Tsjad aan cholera dood en die owerhede en organisasie Dokters sonder Grense (DSG) sukkel weens die konflik in die land en gebrekkige infrastruktuur om die situasie onder beheer te kry.
Cholera het op 14 Augustus in die ooste van die land uitgebreek, en DSG sê dié gebiede is moeilik bereikbaar en daar is 'n gebrek aan opgeleide gesondheidswerkers.
Tot dusver is 52 mense dood en 312 is siek.
Cholera word veroorsaak deur bakterieë wat akute diarree veroorsaak. Volgens die Amerikaanse Centers for Disease Control and Prevention ly 5% tot 10% van mense wat dit opdoen aan 'n erge graad daarvan wat waterige diarree, braking en krampe veroorsaak. In dié mense is die verlies van vloeistof so erg dat dit tot skok lei. Sonder behandeling kan 'n mens binne ure sterf en rehidrasie is die beste behandeling.
Die sterftesyfer in Tsjad is 16%.
DSG het sy kommer uitgespreek dat dit na die Goz Amir-vlugtelingkamp kan versprei waar 33 000 Soedannese gehuisves word.
Hierdie kinders is slagoffers en nie oortreders nie.
'n Mens doen cholera op deur kos en/of water in te neem wat met die bakterieë besmet is. Die bron is gewoonlik ontlasting van 'n siek persoon. Dit kan vinnig versprei in gebiede waar daar nie 'n behoorlike rioolstelsel of skoon water is nie. Dit versprei nie gewoonlik van mens tot mens nie.
Volgens Reliefweb is daar byna 320 000 vlugtelinge van Soedan in Tsjad. Die land is onstabiel weens die groep Boko Haram se aktiwiteite. Daar is ook duisende vlugtelinge van Niger en Nigerië in die land.
Unicef, die Verenigde Nasies se kinderfonds, wat ook in Tsjad werk, sê in 'n verklaring die land gaan gebuk onder die invloed van Boko Haram.
Altesame 117 kinders, meestal meisies, is sedert 2015 deur Boko Haram in selfmoordbomaanvalle in Tsjad, Nigerië, Niger en Kameroen gebruik.
“Hierdie kinders is slagoffers en nie oortreders nie. Hulle word gedwing of mislei om sulke dade te pleeg en dit is afkeurenswaardig,” sê Marie-Pierre Poirier, Unicef se streekdirekteur in die gebied, in 'n verklaring.
- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie