Cholera versprei in Mosambiek ná sikloon
Terwyl Mosambiek sy wonde lek ná die vernietigende impak van sikloon Idai, veroorsaak cholera nuwe kopsere.
Die getal bevestigde gevalle van cholera in Beira, Mosambiek, het teen Vrydag tot 138 gestyg, terwyl die regering en noodwerkers spook om te keer dat siektes onder die tienduisende slagoffers van die sikloon Idai versprei.
Die nuusagentskap AP het gister berig die getal het ornag tot 271 verdubbel, maar nie gesê of dit gevestigde gevalle is
Die Portugese nuusagentskap Lusa, haal die land se nasionale direkteur van gesondheid, Ussein Isse, aan wat sê ‘n uitbreking is Woensdag verklaar nadat vyf bevestigde gevalle van hierdie siekte aangemeld is.
Die sikloon het die hawestad op 14 Maart getref en verwoestende oorstromings veroorsaak en gelei het tot die dood van 700 mense in drie lande in die suidooste van Afrika.
Baie van die gebiede in Mosambiek en Zimbabwe wat die ergste geraak is, kan nog nie padlangs bereik word nie. Dit bemoeilik reddingspogings en die bekamping van siektes, sê Celso Correia, Mosambiek se minister van omgewingsake.
“Ons het dit verwag, was voorbereid daarop en het dokters in plek,” het Correia aan verslaggewers gesê.
Die regering het aangedui dat die eerste gevalle van cholera Woensdag bevestig is.
Mosambiek se nasionale instituut vir rampbestuur sê die dodetal ná die sikloon het tot 493 in dié land gestyg. Dit bring die gesamentlike dodetal in Mosambiek, Zimbabwe en Malawi te staan op 738, terwyl talle nog vermis word.
Die internasionale komitee van die Rooi Kruis sê in ’n verklaring talle gemeenskappe is steeds gestrand en gebruik uiters besoedelde water. “Dít saam met wydverspreide oorstromings en swak sanitasie skep gunstige toestand vir die uitbreek van siektes, cholera inkluis.”
Tarik Jasarevic van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) sê 900 000 dosisse van mondelingse cholera-inentings sal na verwagting Maandag ontvang word.
Amerika se departement van verdediging het Vrydag ook aangedui dat $8,5 miljoen (sowat R123 miljoen) in noodleniging aan Mosambiek goedgekeur is, wat die totale bedrag op $15 miljoen (sowat R217 miljoen) bring.
Intussen is twee mense Donderdag in Zimbabwe dood en 11 beseer in ’n ongeluk toe die remme van ’n weermag-vragmotor wat kos afgelewer het, onklaar raak en in ’n skare mense ingeploeg het.
Die mense is die oorlewendes wat gewag het op hulp ná die skade wat aangerig in Chimanimani. – News24/Al Jazeera/AP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie