Chris Chameleon in Kat en Wolf
Chris Chameleon en Daniella Deysel is Kat en Wolf. Hierdie multimedia- musikale projek is gebore uit die begeerte van beide hierdie kunstenaars om buite die kou van hul gevestigde name op vryer vleuels met beeld, klank en kostumering in die ongewone wildernis van hul verbeelding te sweef.
In Kat en Wolf breek Chris en Daniella weg van die konvensie van hul onderskeie korpusse en slag die heilige koeie van verwagting, die selfvonnis van beroepsklassifisering en die maak-vir-smaak eise wat gestel word aan diegene wat hul wend tot die waan van ‘n lewensvatbare musiekloopbaanbestaan af.
Kat en Wolf is nie bang vir die donker nie, skrik nie vir bloed nie, is ernstig oor speel en speel met erns.
Toonsettings van dele uit die HAT, aanhalings uit kunsgeskiedenisnaslaanwerke, die elektrisiteit van seksualiteit en die soeke na die sinvolste verkenning van vals sang is van die onderdele van hierdie aweregse konsertreis.
Chris gee ook altyd, êrens in sy vertoning, vir gehore die geleentheid om hulle gunstelinge te versoek!
Kat en Wolf word op 14 Maart by die Warehouse-teater vertoon.
Kaartjies is beskikbaar by PayToday, EventsToday (www.eventstoday.com.na) of by die verskeie Airtime City Kiosks en natuurlik by die Warehouse-teater self.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie