Chris Froome: u2018Ek bou nog stoom opu2019
Chris Froome: u2018Ek bou nog stoom opu2019

Chris Froome: ‘Ek bou nog stoom op’

Fietsry
Marnus Kok – Skaars twee weke voor die Tour de France begin, erken die Britse fietsryer Chris Froome dat hy nog besig is om sy ritme te vind.
Die 35-jarige Froome (Ineos), ’n viermalige Tour-kampioen, loop onder kritiek deur weens sy oënskynlik gebrekkige peil. By die Critérium du Dauphiné wat tans in Frankryk beslis word, is hy op elk van die drie skofte tot dusver deur die peloton agtergelaat.
“Uit die aard van die saak was ek die laaste jaar net ’n paar dae in die saal, so ek is steeds besig om my ritme te vind. Maar ek voel beter en beter hoe meer ek ry en is steeds optimisties oor die Tour,” het Froome volgens racecenter.criterium-du-dauphine.fr gesê
“Ek dink my voorbereiding vir die Tour (wat op 29 Augustus begin) is goed. Natuurlik is ek gelukkig om weer aan wedrenne deel te neem en terug in die Dauphiné te wees.”
Dit was in die einste Dauphiné dat Froome verlede jaar in ’n ongeluk was, iets wat hom nie net op die operasietafel ’n draai laat maak het nie, maar ook sy lewe bedreig het.
Dat hy dit terug gemaak het tot op die hoogste vlak, is ’n wonderwerk, maar tog word al hoe meer vrae gevra oor die wesenlikheid om hom in Ineos se span vir die Tour in te sluit.
Froome het Vrydag se derde skof oor 157 km tussen Corenc en Saint-Martin-de-Belleville in die 61ste plek voltooi – 15 minute en 52 sekondes ná die wenner, die Italianer Davide Formolo (UAE).
Formolo se wentyd was vier uur, ses minute en 56 sekondes.
Suid-Afrika se Louis Meintjes (NTT) het die skof in die 42ste plek voltooi, terwyl Daryl Impey (Mitchelton-Scott) 136ste was.
Primož Roglic (Jumbo-Visma) van Slowenië, wat die skof in die tweede plek voltooi het, is steeds die algehele voorloper. Hy is 14 sekondes voor die Fransman Thibaut Pinot (Groupama-FDJ)
Saterdag se vierde skof, oor 153,5 km, word tussen Ugine en Megève beslis. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!