Christel du Plessis is 2015 se gesig vir Ribbons4Roses
Eerste R4R liefdadigheidsfunksie in Okahandja gehou
Elvira Hattingh - Die eerste Ribbons4Roses Namibia (R4R) het op Vrydag 23 Oktober by die Okahandja Country Lodge plaasgevind en is deur die organiseerders as ’n reusesukses beskryf. Altesaam N$21 050 is tydens die geleentheid vir dié liefdadigheidsorganisasie ingesamel.
Me. Christel du Plessis is toe ook as die “gesig” van R4R 2015 aangewys.
Ribbon4Roses is oorspronklik deur me. Ampie Fourie in Suid-Afrika begin waarna Ribbons4Roses Namibia (R4R) vanjaar plaaslik deur me. Else Krüger op die been gebring is. Dit is 'n niewinsgewende organisasie wat geld insamel wat tot voordeel van kinders met kanker, spierdistrofie, outisme, Downsindroom en gestremdhede gebruik word.
“Vir hierdie doel steun ons op borge en skenkings,” sê me. Ankia van Zyl, R4R ambassadeur op Okahandja. “Om geld in te samel, het ons ook die Face for Ribbons4Roses-kompetisie begin – ’n skoonheidskompetisie met die doel om geld in te samel.”
Vir die eerste kompetisie sê Van Zyl het R4R nie verskriklik baie inskrywings ontvang nie, en het op die ou einde net 29 deelnemers gehad.
“Enige iemand kon in die verskillende kategorieë inskryf,” sê Van Zyl. Die kategorieë was Mini (3 tot 4 jaar), Tiny (5 tot 6 jaar), Petite (7 tot 8 jaar), Mini-Teen (9 tot 10 jaar), Petite-Teen (11 tot 12 jaar), Pre-Teen (13 tot 14 jaar), Junior Teen (15 tot 16 jaar), Junior (17 tot 20 jaar) en Senior, (21 tot 35 jaar), asook Mr/Mrs 35+.
“Seuns en meisies, mans en vrouens kon inskryf en die inskrywingsgeld is alles vir R4R gegee. In elke kategorie is ’n wenner, eerste prins of prinses en ’n tweede prins of prinses gekies. Uit die kategorieë waarin ouer mense kon deelneem, is ’n algehele wenner gekies, wat dan die Face of Ribbons4Roses vir die jaar is. Sy moet deur die jaar by alle R4R-funksies en -geleenthede teenwoordig wees en besoeke aflê aan die kindertjies wat ons ondersteun,” sê Van Zyl.
Sy sê die uitgawes tydens die eerste Face for Ribbons4Roses-kompetisie was min en dat verskeie borge en skenkers die geleentheid ondersteun het.
Van Zyl sê R4R wil die kompetisie ’n jaarlikse instelling maak, buiten vir die ander funksies en geleenthede wat hulle beplan. Boonop sal die inskrywingsvorms vir volgende jaar se kompetisie binnekort vir belangstellendes beskikbaar wees.
“Ons is op soek na mense op elke dorp in die land om by ons as ambassadeurs vir R4R aan te sluit. Ons het ook ’n Facebook-blad (Ribbons4Roses Namibia), waarna almal kan gaan kyk vir nuus of meer inligting.”
Die borge vir die eerste R4R-kompetisie in Okahandja was die 3-Way diensstasie Okahandja, Matichia Werner, Leonie en Trudi - Crafter's Delight, Cybertec, Okahandja diensstasie, Aubrey, Lelanie en Solly, Lukas - Okahandja Bakkery, Spar Okahandja, Jaco en Odette van der Westhuizen - Kumwe, Ikus en Bianca Conradie - Okahandja Country Lodge, Spot-On Walvisbaai, Autozone Walvisbaai, Leandra Visser, Piet Nel, Cecilia van der Merwe, Groentemandjie Gobabis, Christa Malherbe - Avon, Annette Engelbrecht - Justine, Else Kruger - Avroy Shlain, Rina en Ankia - Jeunesse, Hans Keil, Teresa Boshoff van Junior Boshoff Transport, Bennie Motors, Van der Walt Transport Walvisbaai, Anke Zimney Bookeeping, Yolandi du Plessis - foto's, André Schoeman - klank, Jeanneke Koch - Connect Dance, Barend Koch, Esther Sanberg en Lize Visser.
Vir verdere navrae kan Krüger by [email protected] of 081 124 4434 gekontak word. Die organisasie verwelkom ook skenkings. Skakel haar ook vir bankbesonderhede.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie