Christo Wiese bedank by New Look, Brait
Nellie Brand-Jonker
Christo Wiese het as nie-uitvoerende direkteur van die winkelgroep New Look en voorsitter van Brait SA (Edms) Bpk. bedank.
Dié aankondiging is Woensdag gedoen deur die genoteerde beleggingsmaatskappy Brait, wat ook gesê het die rede vir die bedanking is die tydsdruk waaronder Wiese gebuk gaan.
Wiese was die grootste aandeelhouer en die voorsitter van Steinhoff tot hy in Desember 2017 bedank het. Ná die ineenstorting van Steinhoff se aandeelprys het banke sy aandele verbeurd verklaar weens lenings wat aangegaan is waarvoor dit as sekuriteit aangebied is.
Wiese het twee weke gelede bekend gemaak hy stel ’n eis van R59 miljard teen Steinhoff in omdat hy op grond van “misleidende inligting” in die maatskappy belê het.
Brait SA dien as die gekontrakteerde korporatiewe adviseur van Brait.
Wiese bly aan as nie-uitvoerende direkteur van die genoteerde Brait. Sy seun Jacob Wiese is as ’n plaasvervangende direkteur vir hom van 8 Mei af aangestel.
Chris Seabrooke, ’n nie-uitvoerende direkteur van Brait en voorsitter van sy ouditkomitee, is as nie-uitvoerende direkteur in die direksie van Brait se vier belangrike beleggings aangestel, naamlik: Virgin Active, Premier, Iceland Foods en New Look. Hy is ook as nie-uitvoerende voorsitter van Brait SA aangestel. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie