• Tuisblad
  • Sake
  • Christo Wiese: ‘Dis gek om te dink ek het iets geweet’
Christo Wiese: u2018Dis gek om te dink ek het iets geweetu2019
Christo Wiese: u2018Dis gek om te dink ek het iets geweetu2019

Christo Wiese: ‘Dis gek om te dink ek het iets geweet’

Christo Wiese, voormalige voorsitter van Steinhoff se direksie, eis R59 miljard van die kleinhandelreus, Steinhoff.
Hy wil die geld herwin wat hy verloor het omdat hy op grond van misleidende inligting in Steinhoff belê het, sê Christo Wiese oor waarom hy die eis teen die kleinhandelreus ingestel het.

Wiese, voormalige voorsitter van Steinhoff se direksie, het Donderdag op die geselsradiostasie 702 met die sakejoernalis Bruce Whitfield gepraat oor sy eis van R59 miljard teen dié firma.

Hy het die afgelope maande as ’n “verskriklike” en “donker” tyd beskryf.



Hy het dit as lagwekkend bestempel dat hy self geweet het van probleme by Steinhoff. Dit sou “gek” wees om soveel geld in Steinhoff te belê as hy geweet het daar is ongerymdhede, het Wiese gesê.

Wiese het ook vroeër die middag met Nellie Brand-Jonker gepraat oor die eis. Lees dit hier: Wiese ‘beplan nie nou ’n eis teen Jooste’

Wiese het gesê dit sou ’n bietjie vergesog wees om te sê hy is deur bewondering vir Jooste verblind.

Wiese sê hy was twee jaar lank op Steinhoff se direksie voordat hy Pepkor aan die maatskappy verkoop het, juis omdat hy wou sien hoe die maatskappy bestuur word.

Wiese sê hy het vantevore die Duitse ondersoek na Steinhoff se balansstate “bog” genoem, maar dit was in die konteks van wat hy toe geweet het.

Steinhoff het wel toe ’n forensiese ouditeur aangestel, wat herhaaldelik bevind het daar is niks met die state verkeerd nie.

Whitfield het vir Wiese gevra of Jooste “volle verantwoordelikheid vir die gemors aanvaar” het.

Wiese het geantwoord hulle sal moet wag vir die uitslag van PwC se forensiese ondersoek, maar hy het gesê dis “hoogs onwaarskynlik” dat een mens alleen die skuld moet kry. Hy sê eers met die uitslag van die ondersoek sal dit duidelik word wie betrokke was.

Wiese sê egter daar was nooit agterdog oor Jooste nie.

“Jooste, soos baie ander hoëprofielmense, het vyande gehad, mense wat nie van hom of sy styl [van dinge doen] gehou het nie...” Wiese het egter gesê hy het nooit ’n sweem van oneerlikheid gesien nie.

Op die vraag of Whitey Basson, voormalige uitvoerende hoof van Shoprite, hom teen Jooste gewaarsku het, het Wiese gesê hy het Basson se huiwerigheid meer aan persoonlikheidsverskille toegeskryf.

“Whitey se styl was beslis nie Markus se styl nie.”

Wiese sê absolute vertroue in bestuur was nog altyd die riglyn van al die ondernemings waarby hy betrokke was.

Wiese wou nie in antwoord op Whitfield se vraag of sy vertroue in Steinhoff se bestuur geskend is, dit beaam nie omdat daar ’n regsproses aan die gang is.

Wiese het gesê daar is baie slagoffers van die Steinhoff-skandaal.

Hy het soos in sy nuusverklaring herhaal dat Pepkor se maatskappye sterk is en dat herstrukturering moet plaasvind in die beste belang van alle belanghebbendes.

Wiese het gesê hy word nie anders behandel in die kringe waarin hy beweeg nie. Inteendeel, hy kry baie bemoedigende boodskappe van mense wat vir hom sê hy moenie bitter word nie.

Op die vraag of hy bang is dat die Steinhoff-nagmerrie sy nalatenskap kan word, het Wiese gesê “aan die einde van die dag” kan hy nie mense se persepsies verander nie. Hy het ook gesê geld is nie vir hom belangrik nie. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-10-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 0 vs 1 Liverpool LaLiga: Espanyol 2 vs 1 Mallorca | Leganés 0 vs 0 Valencia SerieA: Hellas Verona 2 vs 1 Venezia | Napoli 3 vs 1 Como European Championships Qualifying: Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Sunderland 2 vs 2 Leeds United | Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford English Championship: Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Sunderland 2 vs 2 Leeds United | Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford #N/A Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.48 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.61 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.48 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.17 Down -0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14167.03 Up +0.09% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9661.12 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 653.84/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.54/lb UP +0.38% | Zinc US$ 3 189.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 78.66/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 988.89/OZ DOWN -0.0035 #N/A