Christopher môre begrawe
Henriette Lamprecht - Christopher Oosthuizen wat vir die tweede keer teen akute limfoblastiese leukemie baklei het, is Sondag 'n dag ná sy sewende verjaardag in die Windhoek Sentrale Hospitaal dood.
Christopher is aanvanklik in Januarie verlede jaar met die siekte gediagnoseer en was September dieselfde jaar in remissie. 'n Jaar later was die siekte terug en is Christopher in Saal 8 Wes opgeneem vir intensiewe chemoterapie in aanloop tot 'n beenmurgoorplanting.
Christopher word môre om 15:00 uit die Nuwe Kapel by die Gammams-begraafplaas in Pionierspark in die hoofstad begrawe. Vir enige navrae kan Gideon by 081 755 3490 gekontak word.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie