Chrysander neem o.20’s se taak oor; proewe môre gespeel
Rugby
Andrew Poolman – Die Namibië Rugby-unie bied môreoggend vanaf agtuur nasionale proewe vir alle kwalifiserende onder 20-spelers aan.
Die NRU stel belang om die beste beskikbare talent te oorweeg en voor te berei vir die nasionale span wat bestem is om in April of Mei aan Rugby Afrika se Jean-Luc Barthes Onder 20-toernooi deel te neem. Die toernooi is geskeduleer om in Nairobi gespeel te word, waar Kenia ook die laaste weergawe in 2019 teen Namibië gewen het.
Die Barthes-toernooi dien normaalweg as die kwalifiserende geleentheid vir een span van die vasteland om aan die Wêreldrugby O.20 Trofee-toernooi deel te neem. Namibië het vir jare ’n stewige houvas op hierdie posisie gehad, totdat Kenia hom in 2019 onttroon het. Vanweë Covid-19 is die Afrika-toernooi nie in 2020 of laasjaar gespeel nie.
Die NRU-bestuur het vandeesweek besluit om Chrysander Botha voorlopig aan die stuur van die o.20-span te plaas.
Botha neem oor by Jood Opperman, wat vir ses maande geskors is nadat hy in November ’n besoekende vroulike skeidsregter van Senegal geïntimideer het tydens rustyd van die Namibiese vrouespan (waarvan hy hulpafrigter was) se toets teen Zambië in Windhoek.
Botha, ook die senior nasionale span se aanvalsafrigter en rekordhouer vir meeste toetsdrieë vir Namibië, het gister aan die koerant gesê: “Ek is verskriklik opgewonde oor die geleentheid om die span na die Barthes-toernooi te kan vat. Dis nie net ’n eer nie, maar ’n groot verantwoordelikheid ook daarby.
“Ons het ’n goeie kern groep spelers wat deel van laasjaar se span gevorm het, maar met die proewe Saterdag is ’n geleentheid vir ander om hand op te steek en indruk te maak op die keurders. Aan die einde van die dag moet ons die beste span kies om te gaan wen en vir die Wêreldrugby-toernooi te kwalifiseer.”
Die NRU-verklaring lees: “Die vensterperiode vir kiesbare spelers is soos volg, maar kan gewysig word in afwagting op Rugby Afrika se finale bevestiging. Spelers in die voorryposisies (stutte en hakers) gebore tussen 30 November 2001 en 31 Mei 2004 kom in aanmerking, en alle ander spelers gebore tussen 20 November 2001 en 31 Mei 2005.”
Tevore is ’n vensterperiode vir twee kalenderjare gebruik waarin ’n speler as onder 20 sou kwalifiseer. Die o.20-spanbestuurder Jacky Husselmann verduidelik: “Rugby Afrika het sy reël verlede jaar dit verander, sonder om die rede of die denkwyse te verduidelik, en hulle het nou nog nie vir hierdie jaar dit bepaal nie. Hulle het voorgestel ons gebruik verlede jaar as riglyn om kiesbaarheid te bepaal. Hulle werk op ses maande vanaf die toernooidatum, so basies as ’n speler 20 jaar en ses maande oud is, mag hy nog speel.
“Rugby Afrika het egter tot nou toe nog nie die logika hiervan aan ons verduidelik nie. Ons het dus maar bloot dieselfde as riglyn gebruik. Indien die Barthes-toernooi egter in April plaasvind, sal die begin-geboortedatum na Oktober 2001 aanskuif.”
Voornemende spelers moet vandag tussen 14:00 en 18:00 vir die proewe registreer deur by mnr. Jacky Husselmann by die Hage Geingob-stadion aan te meld. Spelers wat nie in persoon kan aanmeld nie, kan Husselmann per WhatsApp, SMS of e-pos kontak ([email protected], 081 100 2130).
Geen registrasie van spelers sal môre gedoen word nie. Elke speler moet sy eie waterbottel, sokkies en rugbybroek bring.
FOTO
Die gewese toetsheelagter Chrysander Botha is afrigter van vanjaar se Namibiese o.20-span.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie