• Tuisblad
  • Sport
  • Chucky, Frans en Andisa die naweek amptelik Vrystaters
Chucky, Frans en Andisa die naweek amptelik Vrystaters
Chucky, Frans en Andisa die naweek amptelik Vrystaters

Chucky, Frans en Andisa die naweek amptelik Vrystaters

Rugby
Owen Kock – Die tweemalige Wêrelbeker-wenner Frans Steyn en Andisa Ntsila, ’n gewese flank van die Haaie en Kings, maak Saterdag in Bloemfontein hul amptelike buiging vir die Vrystaat-Cheetahs in die Superrugby Unlocked-wedstryd teen die Pumas.
Die Namibiese Wêreldbeker-haker Louis (Chucky) van der Westhuizen sal ook sy buiging maak as hy speelkans vanaf die plaasvervangersbank kry.
Op vleuel maak Rosko Specman ook sy terugkeer tot die Vrystaat-span nadat hy in Julie vanaf die Bulle weer by hulle aangesluit het.
Carl Wegner trek ook weer die nr. 4-trui oor sy kop ná sy draai in Japan.
“Dit was redelik maklik om die beginspan te kies, maar dit het so bietjie langer geneem om die plaasvervangersbank saam te stel,” sê Fourie.
“Die beginspan is die spelers wat ons die heeltyd gesien en mee gewerk het en ons het gegaan vir die spelers wat op dreef is.
“Omdat ons met ses voorspelers en twee agterspelers op die bank gaan, moes ons mooi dink oor wie om te kies.”
Vrystaat-ondersteuners kan veral uitsien na die senter-kombinasie van die Springbok Steyn en Benhard Janse van Rensburg.
Daar was aan die begin van die week nog kommer oor die beskikbaarheid van die veelsydige agterspeler Malcolm Jaer, nadat hy sy knie in die Springbok-proefwedstryd seergemaak het, maar hy het genoegsaam herstel en is ook in die beginspan ingesluit.
“Malcolm het Maandag saam met ons geoefen en het geen pyn verduur nie en ons is gemaklik met sy insluiting,” sê Fourie.
Op ’n vraag of hulle iets het om te bewys ná hul onlangse weglating uit die Pro14-reeks, het Ruan Pienaar, die Vrystaat-kaptein, diplomaties geantwoord dat hulle op die Pumas fokus.
“Die besluit is geneem, dit maak nie saak wat ons doen nie. Ons moet sterk staan. Ons sal dit een wedstryd op ’n slag neem,” het Pienaar bygevoeg.
• Jimmy Stonehouse, afrigter van die Pumas, het twee oud-Vrystaters, die flank Daniel Maartens en die vleuel Luther Obi, in sy beginspan ingesluit.
Op die plaasvervangersbank is nog ’n paar oud-Vrystaters, in die skrumskakel Dian Badenhorst en die ster van die 2016 Curriebeker-eindstyd, die losskakel Niel Marais.
Die gewese Shimla-stut Ruan Kramer maak ook sy buiging vir die Pumas.
Die spanne is:
VRYSTAAT-CHEETAHS: Clayton Blommetjies, Malcolm Jaer, Benhard Janse van Rensburg, Frans Steyn, Rosko Specman, Tian Schoeman, Ruan Pienaar (k), Jasper Wiese, Junior Pokomela, Andisa Ntsila, Walt Steenkamp, Carl Wegner, Lua de Bruin, Reinach Venter, Charles Marais. Reserwes: Louis van der Westhuizen, Boan Venter, Erich de Jager, JP du Preez, Chris Massyn, Aidon Davis, Tian Meyer, William Small-Smith.
PUMAS: Devon Williams, Luther Obi, Wayne van der Bank, Ryan Nell (k), Neil Maritz, Eddie Fouché, Ginter Smuts, Willie Engelbrecht, Kwanda Dimaza, Daniel Maartens, Cameron Lindsay, Le Roux Roets, Ruan Kramer, Marko Janse van Rensburg, Morgan Naudé. Reserwes: Simon Westraadt, Liam Hendricks, Dewald Maritz, Darrien Landsburg, Jeandré Rudolph, Dian Badenhorst, Niel Marais, Ruwellyn Isbell.
– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer