Chucky reg vir inklim teen Griekwas
Rugby
Andrew Poolman - Die terugkeer van 'n paar ervare spelers sal nuwe selfvertroue gee vir die Windhoek Draught Welwitschias se volgende taai wedstryde – insluitend môre teen die Tafel Lager Griekwas in Windhoek.
Die haker Louis van der Westhuizen se debuut vir die Namibiese amateurspan in die SuperSport uitdaagreeks is 'n noodsaaklike versterking in 'n sleutelposisie.
Die 24-jarige Van der Westhuizen is 'n geharde veteraan van 19 toetse, een Wêreldbeker (2015) en verskeie seisoene van Varsitybeker- en provinsiale rugby vir die Pukke en die Luiperds. Met sy hoë werkverrigting en akkuraatheid in sy primêre take sal die man bekend as “Chucky” 'n beduidende verskil maak.
Van der Westhuizen het onlangs sy ingenieursgraad by die Pukke verwerf en het die kans op 'n nuwe provinsiale kontrak met die Luiperds van die hand gewys en eerder verkies om vir die Wêreldbekerjaar terug te verhuis en by sy landgenote aan te sluit vir hul opbou na die internasionale seisoen.
“Ek sien uit na Saterdag, want ek het in Augustus laas vir Namibië gespeel en het die November-toer weens studies misgeloop.
“Griekwas is altyd 'n lekker uitdaging en doen altyd hul reputasie gestand as 'n klipharde span wat goeie rugby speel. In vergelyking met die vorige naweke sal ons beslis ons vlak moet lig as ons die naweek iets wil bewys,” het die haker gister aan Republikein gesê.
Van der Westhuizen se jarelange spanmaat by WHS, Namibië en Pukke, die flank Wian Conradie, word ook binne die volgende week of twee terug in die Welwitschias-kamp verwag.
Die stut Casper Viviers is nóg 'n ervare aansluiting op die oefenveld, vanaf sy Franse klub, net soos die Pukke en Luiperds se vleuel Justin Newman.
Rohan Kitshoff (self tevore 'n Griekwa) kry môre sy eerste beginkans in die reeks, ná een vorige verskyning van die bank af teen die Goue Leeus twee naweke gelede. Hy neem beide die flanktrui en die onderkapteinskap by Leneve Damens oor, met Thomasau Forbes die ander toevoeging as flank in Christo van der Merwe se plek.
In die agterlyn kry Chrysander Botha kans in die opdrafspan, nadat hy ook teen die Leeus vir 'n paar minute opgestuur is. Sy insluiting laat Cliven Loubser na die 10-trui terugskuif, met PW Steenkamp wat 'n afnaweek kry.
Die stut Desiderius Sethie is weer speelgereed op die reserwebank en Morné Blom en JC Greyling se eerste toetrede as plaasvervangers sal ook verwelkom word.
'n Keuse uit die bloute wat wenkbroue laat lig, is Dumarcho Hartung, vleuel van FNB Western Suburbs, op die bank.
Die lang man is in sy tweede seisoen by die Khomasdallers ná sy aansluiting vanaf Ocean Swallows van Lüderitz.
Hoewel hy in die premierliga 'n paar stewige vertonings gelewer het, sal heelwat rugbykykers straks verskil oor die realistiese kans dat hy vanjaar in die vleuelposisie kan meeding met die driekwarte wat reeds tot afrigter Phil Davies se beskikking is.
Windhoek Draught Welwitschias: 15 Chrysander Botha, 14 Chris Arries, 13 Janry du Toit, 12 Darryl de la Harpe (kaptein), 11 PJ Walters, 10 Cliven Loubser, 9 Eugene Jantjies, 8 Adriaan Booysen, 7 Thomasau Forbes, 6 Rohan Kitshoff (onderkaptein), 5 Max Katjijeko, 4 Ruan Ludick, 3 AJ de Klerk, 2 Louis van der Westhuizen, 1 André Rademeyer.
Reserwes: Niël van Vuuren, Desiderius Sethie, Morné Blom, Prince !Gaoseb, JC Winkler, JC Greyling, Dumarcho Hartung.
Kitshoff, Darryl de la Harpe, AJ de Klerk en JC Winkler is die enigste Namibiese oorblywendes van die spanne se vorige ontmoeting in 2016. Die Welwitschias het toe met 25-50 verloor, maar het hul eerste bonuspunt van die seisoen met vier drieë verdien.
KWASTE LYK STERK
Die voormalige Tukkie Tinus de Beer en die Matie Chris Smit, twee van die gróót uitblinkers in die 2019 Varsitybeker, span in Windhoek saam in Griekwaskleure teen die Welwitschias, skryf André Bester van Suparugby.
Smit is na afloop van die Maties-Tukkies eindstryd as speler van die reeks aangewys, terwyl De Beer die voorste puntemaker in die reeks se geskiedenis is.
De Beer begin die eerste keer in die Griekwas se Poublou, met Smit langs hom in die 12-trui.
Die Kwaste se uitgeslape afrigter Brent Janse van Rensburg gee speelkans aan verskeie jong manne wat hard aan die deur klop en die kans sal wil aangryp – insluitend die voormalige SA o.20-skrumskakel Zak Burger en Keanu Vers wat die eerste keer op heelagter begin.
Die regtervleuel Godfrey Ramaboea – voorheen van die Universiteit van Johannesburg – is ook in die studentereeks grootgemaak.
Voor begin die oud-Griffon Cody Basson – Bjorn en Logan se boetie – die eerste keer vir Griekwas, terwyl die Pukke se Varsitybeker-ster Gideon van der Merwe van die bank af impak sal maak.
Die oud-Matiestut Ian Groenewald is ook op die Kwaste se bank saam met Koper Oosthuizen en haker Wilmar Arnoldi, 'n voormalige Matie-kaptein.
Griekwas: 15 Keanu Vers, 14 Godfrey Ramaboea, 13 Andre Swarts, 12 Chris Smit, 11 Anthony Volmink, 10 Tinus de Beer, 9 Izak Burger, 8 Jonathan van Rensburg, 7 Sias Koen, 6 Cody Basson, 5 Victor Sekekete, 4 Jonathan Adendorf, 3 Ruan Kramer, 2 Mkhwezi Mkhafu, 1 Devon Martinus.
Reserwes: Wilmar Arnoldi, Nicolaas Oosthuizen, Ian Groenewald, Gideon van der Merwe, Christiaan Meyer, George Whitehead, Michael Haznar.
• In nog 'n wedstryd in die SuperSport-reeks het die Luiperds twee Namibiërs – slot Johan Retief en stut Nelius Theron – gekies vir hul besoek aan die Pumas vanaand op Nelspruit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie