CIA staak bystand aan Siriese rebelle
Volgens Washington-amptenare is die staking van bystand aan rebelle wat teen die bewind in Damaskus veg, op beter betrekkinge met Rusland gemik.
Die Trump-administrasie het die sentrale intelligensiediens (CIA) se koverte program gestaak waarmee sekere rebellegroepe ondersteun is wat teen die bewind van pres. Bashar al-Assad van Sirië veg.
Die projek het rebelle met wapens toegerus en van opleiding verskaf.
Dit is presies wat Assad se bondgenoot, Rusland, wou hê.
Die Amerikaners se besluit is volgens amptenare deel van die administrasie se pogings om betrekkinge met Rusland te verbeter.
Rusland, saam met groepe wat deur Iran gesteun word, het grootliks daarin geslaag om Assad se regering gedurende die ses jaar lange burgeroorlog aan bewind te hou.
Die CIA se program het in 2013 begin as deel van Barack Obama-administrasie se pogings om Assad omver te werp. Min welslae is daarmee behaal.
Die Washington Post het Woensdag die eerste berig oor opskorting van die program geplaas.
'n Withuiswoordvoerder, Sarah Sanders, wou nie tydens die Withuis-mediakonferensie daaroor kommentaar lewer nie. Die CIA het ook nie op navrae gereageer nie.
Die nasionale veiligheidsraadgewer, H.R. McMaster, en die CIA se direkteur, Mike Pompeo, het die besluit geneem ná konsultasies met laevlak-amptenare en voor pres. Donald Trump se ontmoeting tydens die G20-beraad in Hamburg met pres. Wladimir Poetin van Rusland.
Dit was volgens ingeligte bronne nie deel van die Amerikaans-Russiese onderhandelinge oor 'n skietstilstand in die suidweste van Sirië nie.
Trump is onder druk van die Amerikaanse kongres en 'n spesiale raad wat ondersoek doen na Russiese inmenging tydens die 2016-presidentsverkiesing. - Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie