CIF, Manwu wil boubedryf red
'n Werkgewersorganisasie en 'n vakbond het ooreengekom om hande te vat om die konstruksiesektor te vernuwe.
Augetto Graig – Die Federasie vir die Konstruksiebedrywe van Namibië (CIF) en die Metaal- en Verwante Werkersunie van Namibië (Manwu) het verlede week ooreengekom om saam te werk om die vernuwing van die sektor en verwante werksgeleenthede te bewerkstellig.
Met die ondertekening van 'n verstandhoudingsooreenkoms beoog die twee organisasies om die konstruksiebedryf van inkrimping te red wat reeds vanaf 'n 6,6% bydrae tot Namibië se bruto binnelandse produk (BBP) in 2015 na 1,5% in die eerste kwartaal van 2021 afgeneem het.
In 'n gesamentlike vrystelling sê die CIF en Manwu weens dié afname sluit ondernemings hul deure of bedrywighede word afgeskaal.
“Die meerderheid konstruksiemaatskappy werk teen 'n verlies en eienaars of aandeelhouers moet koste besnoei en op eie finansies staatmaak, oortrokke rekeninge aangaan en lenings uitneem om ondernemings aan die gang te hou, waar dit nog ooit moontlik is,” luidens die vrystelling.
Hulle beklemtoon ook die grootskaalse afdankings waaronder die boubedryf sedert 2016 gebuk gaan.
CIF en Manwu sê hulle sal hande vat om die pleidooie van die bedryf na vore te bring, en 'n sterker toekomstige boubedryf te verseker.
Hulle streef na 'n boubedryf wat klein- en mediumgrootte ondernemings, nuwe kontrakteurs en grootskaalse bouers akkommodeer om saam winsgewend in Namibië te kan werk.
Hulle doen ook 'n beroep op die spoedige stigting van 'n nasionale bouraad om registrasie en die verdeling van boumaatskappy in kategorieë te verseker.
Verkrygingspraktyke moet Namibiese boumaatskappy betrek, terwyl tenderpreneurskap en middelman-agente hokgeslaan moet word, volgens die vrystelling.
BESPREEK OPLOSSINGS
Die verteenwoordigers wil politici nader en die hoogste regerende gesag oor hul kwessies spreek.
'n Reeks virtuele seminare word beplan om belanghebbers oor kwessies in te lig, insluitend die status van die boubedryf, moontlike oplossings, die belangrikheid van nywerheidsregulasies en die skepping van ordentlike werksgeleenthede.
Ander doelwitte is om verkrygingsdrempels toe te pas, kategorieë en vereistes binne die boubedryf te vestig, en die inagneming van projekte se grootte om die regte onderneming vir die beste resultate te kontrakteer.
Me. Bärbel Kirchner, hoofbestuurder van die CIF, sê: “Sedert 2015 het ons sektor drasties afgeneem. Nogtans moet ons erken dat ons voorgestelde veranderinge 'n reuse-impak kan hê en die groei van ons bedryf positief kan beïnvloed, as uiteindelike bydrae tot Namibië se ekonomie.
“Ons teken hierdie ooreenkoms as werkgewers en as werknemers om saam by die toekomstige oplewing van ons sektor te baat.”
Volgens me. Justina Jonas-Emvula, sekretaris-generaal van Manwu, is die boubedryf vir 'n goeie doel verenig.
“Ons het 'n plig om te verseker ons sektor hou aan om ordentlike werk te bied, wat deur 'n volhoubare verkrygingstelsel – tot die voordeel van Namibiërs – kan baat.
“Dit is die eerste keer dat 'n ooreenkoms tussen werknemers en werkgewers onderteken is vir die bevordering van gemene kwessies,” sê sy.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie