City Lodge wil hotelle aan staat beskikbaar stel
City Lodge wil hotelle aan staat beskikbaar stel

City Lodge wil hotelle aan staat beskikbaar stel

William Horne



Die City Lodge-hotelgroep gaan nie al sy hotelle sluit te midde van die staat van inperking wat Donderdag om middernag begin nie, en hy hoop om van sy hotelle veral vir kwarantyn-doeleindes aan die staat beskikbaar te stel.

City Lodge het vroeër aangekondig hy beplan om 24 van sy 62 hotelle te sluit te midde van die Covid-19-pandemie. Noudat pres. Cyril Ramaphosa egter aangekondig het dat ’n staat van inperking tot en met 16 April sal geld, sê die hotelgroep dié getal sal “beslis styg”.

Maar hy bly vasbeslote om sy bedrywighede nie geheel en al te staak nie.

“Die omvang van verdere sluitings sal bepaal word deur die mate waartoe die groep versoek word om ondersteuning aan die regering en noodsaaklike dienste te bied, sowel as ander dienste in die vorm van kwarantyngeriewe of vir personeel-akkommodasie,” sê City Lodge Woensdag.

“Goeie gesprekke het reeds in hierdie verband plaasgevind en ons is gereed om sulke inisiatiewe te ondersteun as deel van ’n gekoördineerde reaksie op hierdie pandemie.”

Maar die groep is wel reeds aan die worstel met beduidende dalings in sy kamerbesettings. Hy het nog toegang tot genoegsame krediet vanaf sy krediteure, sê die hotelgroep, maar gegewe die wisselvalligheid van die pandemie en die noodtoestand in die land, kan hy nie met sekerheid sê wat die uiteinde gaan wees nie.

Sun International het reeds besluit om al sy hotelle en casino’s in die land te sluit, en Tsogo Sun het ook met sluitings begin. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!