Classic Clashes begin dié week met sokker
Tot einde Julie sal altesame veertig skole hul beurt kry.
FNB Namibia se reeks Classic Clashes vir 2018 is gister in die hoofstad bekend gestel, met die eerste ontmoeting reeds môre.
Die program is in 2008 deur die bankgroep bekendgestel en het bekend geword vir verskeie gesogte kragmetings tussen mededingende hoërskole in netbal, rugby en sokker.
Vanaf môre tot 28 Julie sal altesame 40 skole in wedstryde in dié drie spansporte betrokke wees.
Die eerste geleentheid môre is wanneer die sokkerspanne van Concordia College en Rocky Crest mekaar om 14:00 by eersgenoemde se veld die stryd aansê.
Vrydag is daar nog 'n sokkerbotsing by die kus, wanneer Kolen Foundation en West Side High se paaie om 14:00 by die Arandis-sportveld ontmoet.
Nog sokker is Saterdag aan die beurt, wanneer Coastal High en Sekondêre Skool Swakopmund se wedstryd om 12:00 by die Vineta-veld op Swakopmund afskop. Die volledige wedstrydprogram is op bl. 19.
In 'n toespraak van minister Erastus Uutoni van sport, jeug en nasionale diens wat by gister se geleentheid voorgelees is, het hy FNB Namibia geloof vir sy toewyding tot die ontwikkeling van sport in skole oral in die land.
“Sport is 'n belangrike bydraende faktor in 'n gemeenskap se sosiale lewe, hul kultuur, tradisie, identiteit en die versterking van nasionale waardes,” het hy gesê.
“Ons erken sport as fisieke opvoeding en 'n Namibiese mensereg vir alle mense en organisasies.
“Die regering, deur hierdie ministerie, koester die opbouende gebare van rolspelers soos FNB.”
Uutoni het gesê Namibiërs moet fokus om die infrastruktuur vir sport en ontwikkelingsprogramme uit te brei en in stand te hou – veral in die afgeleë en afgeskeepte gebiede.
Een leerder van Eldorado Sekondêre Skool, Marcha Isaacks, het aan die nuusagentskap Nampa gesê skoolkinders is dankbaar teenoor FNB vir dié inisiatief om hulle veral in spansport betrokke te hou, omdat 'n gesonde liggaam 'n gesonde gees huisves.
“Dis 'n goeie ding dat ons saamkom met kinders van ander skole om in verskillende sportkodes mee te ding. Dit ontwikkel vriendskappe en dis goed vir die onderlinge verhouding tussen skole.” - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie