Classic-tyd op Okahandja
Classic-tyd op Okahandja

Classic-tyd op Okahandja

Gholf
Die Okahandja gholfklub bied môre sy tradisionele jaarlikse Okahandja Winter Classic toernooi aan.

Die formaat van spel is “scramble drive” met twee spanlede se tellings wat op al die putjies neergeskryf word.

Spelers moet voorsiening maak vir ’n gholfmatjie en kort pennetjies aangesien die baan se oppervlak redelik hard is.

Vanaf 08:30 sal koffie en brötchens te koop wees, asook jaffels vanaf 11:30.

Die prysuitdeling begin omstreeks 19:00, waartydens ’n vendusie sal plaasvind om onder meer ’n sleepwa, wyn en ander items op te veil.

Die aand se verrigtinge sal afgesluit word met musiek deur Jacques Schlechter aangebied deur die Okahandja gholfklub.

Die afslaantye is soos volg:

Eerste bof: 09:15 Span AB Louw, 09:30 Span Clerence, 09:45 Span George Dirsuwei, 10:00 Span Sakkie van Zyl, 10:15 Span Keith Gardiner, 10:30 Span Steve Mertens, 10:45 Span Johan van der Westhuizen, 11:00 Span Freddie Koch, 11:15 Span Theo Redelinghuys, 11:30 Span Colas, 11:45 Span Gerhard de Bruyn, 12:00 Span Dewald du Rand

Tiende bof: 09:30 Span Wickus Viljoen, 10:00 Span Louis Jordaan.

Vir enige navrae kan Gerrit Viljoen by 081 233 9789 bereik word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!