Classic-vreugde vir M&K Gertze

Skolesport
Andrew Poolman
Geskiedenis is laas Vrydagmiddag op Rehoboth gemaak toe die Hoërskool M&K Gertze se eerste rugbyspan ’n dramatiese oorwinning teen Dr. Lemmer behaal het.

Die twee buurskole het in die FNB Classic Clashes slaags geraak, met M&K Gertze wat vir die eerste keer danksy ’n laat terugvegpoging ’n oorwinning met 13-10 gegaps het.

Die wenspan se losvoorspeler Ronaldo Britzze is as die speler van die wedstryd aangewys.

Tevore het die groen truie van Dr. Lemmer elke FNB Classic Clash tussen die twee skole sedert 2008 gewen.

Beide skole se eerste spanne ding in die Momentum o.19 reserweliga mee.

Dr. Lemmer se Danelee du Plessis is met die Vigo Hero-prys beloon.

• Saterdag het Samsung Windhoek Hoërskool sy rugbywedstryd teen die eerste span van Supersand Elnatan met 59-0 oorheers.

WHS se agtsteman en kaptein Oderich Mouton is as die speler van die wedstryd aangewys. Hy het twee drieë gedruk om te help verseker dat sy span ook onoorwonne in vanjaar se Momentum o.19 premierliga bly.

Die Vigo Hero-prys is aan Saskia Coertzen van WHS oorhandig.

• Komende naweek word die aksie op die sokkerveld voortgesit met twee wedstryde by die kus. Vrydag om 14:00 sal Swakopmund Sekondêre Skool die tuisvoordeel teen Coastal High hê en die volgende oggend om tienuur sal De Duine die besoekende span by Namib High School se veld wees.

Mnr. Gordon Pokolo, FNB Namibia se bestuurder van borgskappe, sê: “Daar is vanjaar heelwat opgewondenheid met verrassende uitslae in die rugby-, netbal- en sokkerwedstryde. Dit hou die FNB Classic Clashes uniek en altyd ’n vreugde om te aanskou.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!